Ligging:

Welkom by ons Afrika huis. Afrikhaya Gastehuis is verrassend verskillend, nuut, deur die eienaar ontwerp en gebou en geleë in die rustige residensiële deel van St.Lucia dorp. Die besigheids deel van St Lucia is binne loopafstand en bied verskeie restaurante, curio winkels, strand en hengel winkels asook supermarkte, 'n vrugte en handwerk mark en die gewoel van 'n klein toeriste dorpie. St.Lucia word omring deur die iSimangaliso-vleilandpark, Suid-Afrika se eerste natuurlike Wêreld Erfenisterrein, die warm water van die Indiese Oseaan en die St.Lucia monding.

Ons Bed en Ontbyt is ‘n 2,5 uur se rit  Noord van Durban op die Olifant Kus, en is ideaal geposisioneer om jou basis te vorm van waar jy hierdie pragtige en unieke omgewing kan verken.

Ons geniet 'n subtropiese klimaat die hele jaar en die area is malaria vry. Die Afrika bos en ongerepte strande wag vir jou ...

Fasiliteite:

Afrikhaya bied 'n unieke stylvolle Afro-kontemporêre huis genestel in 'n tropiese tuin waar ape, eekhorings, mongoose en neushoringvoëls net 'n paar van die baie besoekers is.

Elkeen van ons 4 ruim kamers het 'n privaat ingang en balkon. Die uniekheid van die ontwerp, en uitleg, verskaf gaste gerief en privaatheid. Ons bied 2 rondawel styl kamers aan die voorkant van die huis met ‘n en-suite-badkamer en ‘n ekstra enkelbed, indien nodig, en 2 dubbelkamers aan die agterkant van die hoofhuis met ‘n en-suite-badkamer en grasdak stoep. Die kamers is elegant gemeubileerd met gemaklike XL boxspring beddens, verkoeling en verwarming lugversorger, dakwaaier, kroeg-yskas, muur kluis, haardroër en koffie en tee fasiliteite. Die gesellige sitkamer het satelliet-televisie en die eetkamer het ‘n uitsig ooor die sprankelende swembad. 'n Heerlike gesonde ontbyt kan binne, of op ons buite patio, geniet word.

Aktiwiteite

Jou gashere verwelkom jou met 'n drankie en oriëntasie inligting en sal graag van hulp wees om jou te adviseer, en eko-toere en aktiwiteite wat beskikbaar is in hierdie pragtige omgewing, vir jou te bespreek.

'n Besoek aan die wêreldbekende Hluhluwe iMfolozi-wildreservaat, 50 km uit St.Lucia, en die tuiste van die Groot 5, is 'n kort rit weg en ons help graag of organiseer 'n safari vir jou.

Ander aktiwiteite wat ons aanbeveel en wat "nie misgeloop moet word nie" is 'n bootrit op Lake St.Lucia om te kyk na seekoeie en krokodille, 'n nagrit in die vleilandpark, 'n verkenning van die iSimangaliso-vleilandpark en snorkel by Cape Vidal strand.

'n Verskeidenheid van Zulu kulturele toere is ook beskikbaar met besoeke aan 'n landelike gebied of 'n kulturele dorpie.

Hierdie gebied is ‘n voëlkyker se paradys en 'n vroeë oggend stap of kayak rit op die meer is die ideale geleentheid om daardie een spesie wat op jou lys ontbreek, te sien.

Talle paaie kronkel deur die Park en kan verken word te voet of te perd.

Gedurende Mei tot November kan skouspelagtige ritte per boot geneem word om walvisse te kyk, en skilpad toere (Desember -March) is ook 'n spesiale en onvergeetlike ervaring.

Tennis en gholf kan geniet word by die Monzi Gholfbaan.

Ons nooi jou uit om ons warm gasvryheid in 'n Afrika-atmosfeer, in ‘n natuurliefhebbers paradys, te geniet.

Nêrens anders in die wêreld kan jy 'n Strand en Bos vakansie in een verblyf ervaar nie. Veilige parkering is beskikbaar en lughawe oordrag kan op aanvraag gereël word.

Jou gashere praat Engels, Nederlands, Duits en 'n petite peu Francais.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • National Accommodation Association
  • Tourism Grading - 4 Stars
Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • bootritte (minder as 5km)
  • buite swembad
  • dakwaaiers
  • DSTV in kommunale gebied
  • gediens
  • gelei natuuruitstappies
  • Golf (minder as 5km)
  • grootwild (minder as 30 km)
  • internet fasiliteite
  • kano (minder as 5km)
  • kluis
  • kroegyskas
  • kroegyskas (sommige eenhede)
  • lughawe oordragte
  • lugversorger (alle eenhede)
  • lugversorging in sitkamer
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • parking off-site
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • reptielpark (minder as 20km)
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)