Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

307 BermudasEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 74 Lagoon Drive

Umhlanga Rocks

Durban

KwaZulu-Natal
Kontak : Bonny Williamson
INT Faks : 031 561 4945
Sel : 083 415 5650

Die Bermudas is 'n pragtige strand-front kompleks geleë op Umhlanga se hoof strand.

Hierdie 3de vloer, luukse gemeubileerde woonstel, bied ‘n asemrowende uitsig vanaf die hoofslaapkamer en leefarea so ver as die oog kan sien! Sonsopkomste is absoluut asemrowend!.

307 Bermudas is 'n luukse 3 slaapkamer, 2 badkamer eenheid met 'n ruim leefarea en ‘n ten volle toegeruste kombuis en 'n groot patio.

Die kompleks spog met 'n pragtige swembad waar jy die son en die uitsig oor die see kan geniet. Parkering is veilig en het ‘n elektroniese toegangs hek. Hierdie eenheid het ook direkte toegang tot die gewilde promenade en strande.

Umhlanga is 'n juweel op die KwaZulu-Natal kus. Dit het 'n wêreldklas vakansie bestemming met sy briljante klimaat en pragtige strande geword. Die fasiliteite wat aangebied word is uitsonderlik. Vir die water-entoesiaste is daar diepsee visvang, dolfyn besigtiging, skubaduik, branderplank ry of net ontspan op die strande en die son absorbeer. Vir die meer avontuurlustiges is daar microlite reise wat aangebied word vir 'n ervaring van 'n leeftyd. Bederf jouself met ‘n stap op die promenade en geniet die kafees of  absorbeer net die pragtige uitsig. Pragtige restaurante en koffiekroeë is sinoniem met die dorp. Die ongelooflike Gateway Entertainment Centre (die grootste in die Suidelike halfrond) is reg op jou voorstoep (‘n moet op jou lys!). Luukse gholf landgoed (Mount Edgecombe) en casino (Sibaya) is binne maklike bereik. As jy opsoek is na 'n vakansie, is Umhlanga beslis 'n goeie keuse enige tyd van die jaar.

307 Bermudas Fasiliteite:

  • Kapasiteit 6 persone (1 koningin, 4 enkel beddens)
  • 2 Badkamers (1 bad, 2 storte)
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroër)
  • Digitale toesluit kluis
  • Volle voor-uitsig oor die see vanaf patio, leefarea & hoofslaapkamer
  • Hysbak
  • Volle DStv word verskaf
  • Lugversorging
  • Groot swembad in die gebou met ‘n uitsig oor die see
  • Direkte toegang tot promenade / strande
  • Veilige parkering vir motors en sleepwaens
  • Nie rook eenheid
  • braai op die patio toegelaat.

Bladsy Statistieke
14250 besigtings sedert 20 Feb, 2015.
Laas opgedateer op 14 Jun, 2018.