Get it on Google Play
  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings E-Pos Bespreking / Navraag Wys Tariewe
Gas resensies English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Wassenaar, Seemeeu Park, Hartenbos, Western Cape, South Africa
Kontak : Marlene Jonker
Faks : +27-86-5480449
Sel : +27-83-4683523

Kom geniet jou wegbreek in ons selfsorg dupleks meenthuis geleë in ‘n sekuriteits kompleks. Die eenheid is toegerus vir 8 mense en bestaan ​​uit 3 slaapkamers en 3 badkamers. Bedlinne word verskaf, maar bring jou eie handdoeke. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens. Die tweede badkamer het ‘n bad, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer is op die onderste vloer, het twee enkelbeddens en ‘n  en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet. Daar is ook ‘n dubbel slaapbank in die sitkamer en beddegoed daarvoor word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus: yskas/vrieskas, mikrogolfoond, stoofplaat en oond. Alle breekware en eetgerei word voorsien. Die kombuis het 'n skuifdeur wat oopmaak op die agterste patio met tafel en stoele waar u ook u etes kan geniet of braai op die ketelbraaier wat voorsien word. Die eenheid bied ook 'n TV, DVD-speler en opsie vir DSTV. (Bring eie dekodeerder + smartkaart of versoek vir aktivering teen ‘n minimale addisionele fooi per dag). Die sitkamer se skuifdeur maak oop op 'n balkon met 'n ingeboude braaier en minimale seeuitsig (rigting Mosselbaai).

Die eenheid het 'n motorhuis met outomatiese deur en met direkte toegang tot die meenthuis.  Ekstra parkeerplekke beskikbaar in die kompleks ongeveer 50m vanaf die eenheid.

Die naaste winkelsentrum is ongeveer 1km weg, met 'n klein supermark, wassery en haarkapper.  Die Langeberg Mall is ongeveer 2km vanaf die eenheid met verskeie winkels en eetplekke.

Hartenbos se hoofstrand, restaurante, kunsmark, waterpark met verhitte binnenshuise swembad, putt-putt bane en ander vermaaklikhede is 3km vanaf die eenheid.  So ook, rigting Mosselbaai, is Diaz strand met sy waterpark ongeveer 3km vanaf die eenheid. As jy 'n gholfspeler is, die Mosselbaai-gholfbaan is net 6km weg en Pinnacle Point 8km. Fancourt en The Links is ongeveer 20 minute se ry. Die Gardenroute Casino is 8km vanaf die meenthuis. Die hawe is slegs 8 km weg en daar kan jy diepsee visvang of 'n bootrit om Seal Island bespreek, of jy kan een van die vele museums besoek.

Die eenheid word nie daagliks gediens nie, maar dit kan gereël word indien nodig.

 

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • Golf (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • nie gediens
  • parkering op die terrein
  • restaurant (minder as 5km)
  • toesluit motorhuis
  • visvang (minder as 3 km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • 22 SEEMEEUVLUG (Slaap 8) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 4 - dubbel slaapbank
Bladsy Statistieke
56747 besigtings sedert 15 Apr, 2008.
Laas opgedateer op 23 Aug, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 11 years