Get it on Google Play

14 The ShadesEnglish

14 The Shades
Beskikbaarheid + Tariewe + Bespreking
Gas resensies
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 23 Weaver Crescent
Umhlanga Rocks
Durban
KwaZulu-Natal

Hierdie moderne twee slaapkamer selfsorgeenheid is geleë reg oorkant Umhlanga Rocks hoof swemstrand. 14 The Shades kan ‘n maksimum van 4 gaste akkommodeer. Daar is ‘n oopplan leef- en eetarea sowel as ‘n volledig toegeruste kombuis. Daar is 2 kamers, die hoofslaapkamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort en daar is ‘n aparte badkamer vir die ander slaapkamer. Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed en die ander slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens wat omskep kan word in ‘n koninggrootte-bed indien vooraf gereël. Hoë kwaliteit bedlinen, swem- en badhanddoeke word voorsien.

Die sitkamer se glasdeure maak oop op ‘n tuin met gedeeltelike see-uitsigte en ‘n braai area. Sit agteroor met jou oggend koppie koffie terwyl jy die asemrowende sonsopkoms beskou en hoor hoe die branders op die rotse breek.

Die ultra modieuse kombuis is toegerus met alles wat mens benodig in ‘n selfsorgeenheid: ‘n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas, en tuimeldroeër. Daar is ‘n gemeenskaplike wassery met wasmasjien beskikbaar of teen ‘n minimale bedrag, kan daar gereël word dat jou wasgoed gewas en gestryk word. Die eenheid word daagliks skoongemaak, behalwe Sondae en publieke vakansiedae.

Gratis hoë-spoed internet (WiFi) is beskikbaar dwarsdeur die woonstel. Daar is ook DSTV beskikbaar op die platskerm TV in dit sitkamer. Die kombuis, leef- en eetareas het lugversorging terwyl daar plafonwaaiers in the slaapkamers is.

Die eenheid het veilige onderdak parkeering vir 1 motor met addisionele parkeering beskikbaar vir gaste en sleepwaens.

Die kompleks beskik oor ‘n pragtige ekslusiewe swembad vir die gebruik van die gaste van The Shades

14 The Shades is binne veilige loop afstand van ‘n groot verskeidenheid restaurante, kroeë, koffiewinkels, supermarkete en ander geriewe. Die woonstel is so sentraal geleë, jy kan jou kar parkeer aan die begin van jou vakansie en eers weer gebruik as jy vetrek!  

  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Zulu
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • 14 The Shades (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - tweeling
  • Fasiliteite
  • haardroër
  • braai - kommunale
  • braai / barbecue - communal and onsite
  • buite swembad
  • dakwaaiers
  • DSTV in die kamer
  • DSTV in eenheid
  • elektroniese kluis
  • films / teater (minder as 5km)
  • gediens
  • internet fasiliteite
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • linne en handdoeke voorsien
  • lughawe (minder as 15km)
  • lughawe oordragte
  • lugverkoeler
  • lugversorger (alle eenhede)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • parkering op die terrein
  • skottelgoedwasser
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tuimeldroër
  • tuimeldroër in eenheid
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid
  • wi-fi / hotspot
  • yskas in eenheid
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
12569 besigtings sedert 28 Jul, 2015.
Laas opgedateer op 11 Jan, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 3 years