Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 37 Ross Street, , Deneysville, , Free State, , South Africa
Kontak : Carl
Tel : +27-16-3712452
Faks : +27-16-3712452
Sel (1) : +27-83-2977286
Sel (2) : +27-83-2977351

Vaal privé is 'n luukse selfsorg vakansie en watersport-oord slegs 1 uur se ry vanaf Johannesburg op die oewer van die Vaaldam.

Vaal privé se ten volle toegeruste Villas bestaan uit 3 luukse slaapkamer-eenhede, 2 badkamers, dubbelverdieping 300m² eenhede vir tot 8 persone elk; Elkeen het 180° uitsig op die dam. Vaal privé het ook 1 & 2 slaapkamer-opsies met 'n totale oord-kapasiteit van 100 gaste. Binnenshuis bied Vaal privé gasvryheid en daaglikse diens in al die eenhede en geriewe. Vaal privé bied aktiwiteite soos: kajak-vaarte, seil, bootry, waterski, water-glybane, golf-ry, valskerm-seil, partytjies & spoed-bootritte - gekombineerd met aanboord-braaigeriewe, 'n warm bad & kroeg op die dek met uitsig oor die dam, fietsry, bromponies, swembad, tafeltennis, pooltafels, bordspeletjies, 'n kinderhoekie & 'n olimpiese grootte trampolien. Vaal privé se geriewe sluit 'n klubhuis in met binnenshuise aktiwiteite, toegang tot 'n plek vir huwelike, mini-kongres geriewe, 'n platskerm DSTV, privaat braai & piekniekgeriewe, binnenshuise kaggels, 'n loods vir bote, boot stoorplek, Wi-fi en wasgoed-diens. Vaal privé is slegs 800m van 'n water-pretpark wat gewaarborg is om die kinders vir ure besig te hou. Vaal privé is omring van vele restaurante, perderitte, die grootste motorfiets-museum in Afrika, kunsgellry met werkswinkels, Danika's Imported Clothing boutique & 'n krokodil/leeuplaas. Vaal privé is 30km van 'n Casino, 2 Gholfbane & groot stede.

Die dorp Deneysville het 'n ryk geskiedenis met verskeie historiese plekke en museums. Geleë in Ross-straat 37, het Vaal privé 'n 24 uur sekuriteit & is ten volle beskermd teen die buitewêreld. Gaste kan gesien word terwyl hulle rondom die swembad op dekstoele ontspan of besig is om te braai, of besig is met oefeninge in die ten volle toegeruste gim. Vaal privé is nie slegs 'n verblyf-bestemming nie maar ook 'n aktiewe middelpunt van lewenspret.

Die watersport-vermaak word by ontvangs bespreek. Een van die Vaal Privé SAMSA-gekeurde kapteins sal u die grootsheid van die Vaaldam wys, hetsy op 'n rustige  vaart of 'n uitdagende spoed-vaart. Afwerking van die hoogste gehalte en standaarde word regdeur gehandhaaf. Vir 'n onvergeetlikde vakansie, skakel of e-pos Vaal Prevé vandag. Vaal Prevé - is net 'n uur weg..... Kom en speel!

Binnegeriewe:

  • DSTV
  • Huisdiens
  • Seil/skiboot vaarte
  • Bootvaart met aanboord braaigeriewe vir partytjies en eindjaar-funksies
  • Fietsry
  • Gim
  • Bromponie-ritte
  • Golf-ry
  • Valskerm-seil
  • Waterski & Water-glybane
  • LandRover safaris
  • Hengel
  • Speletjiekamer
  • Swembad
  • Wasgoed
  • Swembad-partytjies
  • 24 Uur sekuriteit
  • Boot- en voertuig toesluit plekke
  • Warm bad en kroeg kyk uit oor die dam

Omliggende vermake binne 30km:

  • 18 Putjie gholfbane
  • Restaurante
  • Karma wildsplaas
  • Emerald Casino
  • Vaal Race Course
  • Krokodil en leeupark
  • Motorfiets-museum
  • Perdritte
  • Water Front Amusement Park

  • Spesiale KategorieĆ«
  • Visvang Verblyf - Varswater
Bladsy Statistieke
73720 besigtings sedert 29 Sep, 2010.
Laas opgedateer op 06 Sep, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 8 years