Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Grootnylsoog , Bela-Bela, Warmbaths, Limpopo, South Africa
Kontak : Rentia van der Merwe
Sel : +27-82-7620099

Bela-Bela Accommodation

SUNDOWNER BUSHCAMP - Self Catering Accommodation in Bela-Bela

Die ideale wegbreek vir familie en vriende.

Wanneer u Sundowner-boskamp bespreek het u die gebruik van die hele kamp. Ons meng nie groepe nie. Bush Gastehuis (selfsorg) verblyf in Bela-Bela is uitsluitlik en privaat vir 18 gaste.

'n Skamele 120km vanaf Pretoria kan u absolute kalmte en vrede in die hart van die bosveld ervaar.

Die verblyf bestaan uit 3 safari-tente bo-op hout-platforms en 2 hout-kajuite met ablusie-geriewe. Twee tente het elk 'n dubbel- en 'n kajuitbed en die 3de tent het 'n konings-grootte bed. Die 2 hout-kajuite het dubbel- en kajuitbeddens.

Geleë tussen die randjies, aan die voet van die Waterberg, het u 'n lapa om reg deur die nag, rondom die kampvuur te kuier. Geniet 'n skemerkelkie op die dek, of 'n mengeldrankie in die grasdak-kroeg, of ontspan by die swembad. Die goed toegeruste kombuis met gasbranders, elektriese yskas, kisvrieskas en mikrogolfoond sal u die geriewe van u huis voorsien.

Die kinders sal die trampolien en vlugbal geniet, terwyl die met meer energie en avontuur-lustiges, op die baie voetpaadjies van die plaas kan gaan stap.

Gedurende die reënseisoen, verskyn daar nauurlike watervalle en rotspoele word met die lewensgewende bergwater gevul. Hierdie is 'n paradys vir voël-liefhebbers!

Beddegoed word ingesluit. Bring u eie handdoeke.

Neem asseblief kennis
  • +- 20 km from Bela Bela
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Log Cabins (Slaap 4) x 2
    • Slaapkamer 1 - dubbel, stapelbed
  • Luxury Tent (Slaap 2) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
  • Luxury Tents (Slaap 4) x 2
    • Slaapkamer 1 - dubbel, stapelbed
Bladsy Statistieke
21146 besigtings sedert 24 Jun, 2014.
Laas opgedateer op 30 Jul, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 5 years

Sundowner Bushcamp verskyn in die volgende afdelings:

Bela-Bela Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfBela-Bela Selfsorg Akkommodasie