Sundays River Mouth Guesthouse is 'n AA SUPERIOR RATED (Voortreflike Toekenning). Die wonderlike selfsorg-gastehuis is geleë op die oewer van die Sondagsrivier, in die rustige vakansie dorp van Colchester (38 km Noord van Port Elizabeth op die N2 snelweg). Tariewe word gehef per volledige eenheid met 'n maksimum van 6 gaste.

Met die gastehuis geleë ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Durban, is dit ideaal vir die moeë gaste wat hul reis wil onderbreek, asook diegene wat wil wegbreek van die stad se gejaag en 'n tydjie wil spandeer om die aktiwiteite wat die dorp bied, te geniet. Ideaal vir toeriste wat die Addo Olifant Park wil besoek. Die Suidelike ingang is slegs 4 km weg.

Geniet aktiwiteite soos watersport, visvang, perdry, stap op die 38 km verlate strande en swem in een van Suid-Afrika se grootste getyriviere. Kom ontspan in 'n ten volle toegeruste gastehuis, bestaande uit twee smaakvolle versierde kamers, toegerus met splinternuwe Simonz beddens, en 'n dubbel grootte oopplan sitkamer, eetkamer en ten volle toegeruste oopplan kombuis. Dit kan ses volwassenes akkommodeer. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbel en enkel beddens. Die slaapkamer loop uit op die houtdek met 'n beperkte  uitsig op die rivier. Die tweede slaapkamer bestaan uit twee enkelbeddens. 'n Afsonderlike koning grootte slaapbank kan gevind word in die lugverkoelde sitkamer.

Die gastehuis het 'n splinternuwe, “onder die Afrika hemel”  badkamer met 'n glasdak. Neem 'n ontspannende bad met 'n glas sjampanje terwyl jy na die sterre ky. Dit is ontwerp om die gemaklikste verblyf te verskaf, en neem die reeds luukse atmosfeer van Sundays River Mouth Gastehuis na nog 'n hoër vlak.

Groot LD-LCD 40 duim platskerm TV, met HD-video-speler vir jou gerief. Ons bied ook 'n volledige Premier DSTV satelliet-pakket vir jou kyk genot

As jy uitloop op die hout dek (onthaal area) het  jy 'n beperkte uitsig oor die Sondagsrivier. Genotvol met  skemerkelkies, of 'n braai terwyl die son sak. Fasiliteite op die dek sluit in : 'n Braai asook 'n klein vlekvrye staal braai, hout en houtskool word nie voorsiening voor gemaak nie.

Vir die boot en hengel entoesiate, is daar die keuse van die gebruik van twee afsonderlike kaaie om hul bote uit te bring of van te hengel.Die Sondagsrivier visvang is uitstekend die hele jaar met gespikkelde grunter en kabeljou as ons grootste vang spesies.

Veilige onderdakparkering word aangebied. Sundaysriver Mouth Guesthouse maak voorsiening vir gaste wat net ‘n kort rukkie wil oorbly, of vir gaste wat langer wil bly om die Sonskyn Kus te ondersoek. Ons maak voorsiening vir jou spesifieke behoeftes. Met ons pryse, kan enige iemand luukse akkommodasie bekostig.

Fasiliteite

  • Satelliet TV
  • Braai
  • Swembad
  • Kredietkaart fasiliteite
  • Parkering op perseel
  • Strand
Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • buite swembad
  • dakwaaiers
  • DSTV in eenheid
  • grootwild (minder as 30 km)
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kragopwekker
  • kroegyskas
  • linne en handdoeke voorsien
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • lugversorging in sitkamer
  • mikrogolf in eenheid
  • nie gediens
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • radio in die kamer
  • restaurant (minder as 5km)
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)