Hierdie selfsorg, strandfront kothuis in Kwa Zulu Natal is ‘n oase vir stedelinge wat moeg is van die stad.Ons voorste tuinhek maak oop op 'n smal inheemse plantegroei strook (admiralty) wat al is wat ons skei van 'n pragtige, ongerepte goue strand met 'n enorme getypoel. Southport se beroemde Blouvlagstrand is net 500 meter aan u regterkant, met lewensredders, nog 'n lieflike getypoel en onder die pragtige Melkhout-bome is 'n ontspanne strandrestaurant en kroeg geleë.

Benewens die feit dat dit 'n baie gewilde hengelstrand op KwaZulu-Natal se kus  is, is Southport baie gerieflik geleë naby aan ander heerlike restaurante, gholfbane en winkelsentrums.

Seagulls het slaapplek vir 9 mense. Dit het 4 slaapkamers. Drie van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens.

Die hoofslaapkamer is en-suite. Daar is ook 'n volledige gesinsbadkamer met stort en bad, toilet en wasbak en nog 'n aparte toilet met 'n wasbak.

Die kothuis het 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer met ‘n 55 ”platskerm-TV, omringklank en volledige DSTV-pakket. Die volledig toegeruste kombuis het 'n skottelgoedwasser en twee yskaste met vrieskaste. Op die onderdakstoep is daar ook 2 sit-areas en 'n braaiplek. Daar is 'n sprankelende swembad in die dek. Hierdie in oopplan leefstyl op sy beste!

Die eiendom is nuut opgeknap en die meubels en dekor is smaakvol.

Beddegoed, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.

Die kothuis is volledig omhein en is troeteldier vriendelik. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir gaste vir 3 motors. Die eiendom het 'n sekuriteitstelsel, kameras en “beams”.

Let asseblief daarop dat hierdie rookvrye onderneming is. Rook word slegs op die stoep toegelaat.

Die immer gewilde Oribi-Gorge, vir die avontuurlustiges is ongeveer 25 kilometer weg, of die Wild Coast Sun wat net 50 km is met die nabygeleë snelweg, vir die opwinding van dobbel.

Ons is 7 kilometer vanaf die Port Shepstone Country Club en Gholfbaan geleë (wat die vierde agtereenvolgende jaar as die beste gholfbaan aangewys is aan die kus). Ywerige gholfspelers het ook toegang tot 'n aantal ander bekende gholfbane aan die Suidkus, almal binne maklike ry afstand: Southbroom, San Lameer, Port Edward, Margate Country Club of die Wild Coast Sun.

Daar is 'n daaglikse gratis skoonmaakdiens Maandag tot Vrydag (openbare vakansiedae uitgesluit).

Fasiliteite
  • Braai / Barbeque facilities
  • DSTV (premie)
  • goeie sekuriteit
  • parkering op die terrein
  • skottelgoedwasser