Hartlik welkom by ons stukkie van die hemel, Schuilklip Game Farm.

Kom ervaar verskeie Suid-Afrikaanse wildspesies en vind uit hoe naby jy aan die natuur kan kom op ons 2000 hektaar wilde, golwende grasvlaktes.

Schuilklip bied uitstekende familie wegbreke en ervarings in die natuur, in 'n rustieke, maar rustige manier. Die plaas is weggesteek in 'n vallei tussen die Amajuba-berge. Die skoonheid en verskeidenheid van die goud en groen grasvelde bied 'n wye verskeidenheid van wildspesies naamlik gemsbokke, waterbokke, elande, zebras, swartwildebeeste, blesbokke, oribi, rooihartbeeste, springbokke, Impala, rietbokke, rooiribbokke, vlakvarke en volstruise. Wat  hierdie plaas uniek maak, is dat ons die tuiste is van 'n paar pragtige woestyn savanna spesies soos gemsbokke, springbokke en elande. Hierdie diere is almal geteel op die plaas en het wonderbaarlik aangepas by hierdie welige gras omgewing.

Akkommodasie

Verblyf bestaan uit 4 gemaklike chalets,elk met sy eie lapa, ingeboude braai en boma vuurmaakplek om te kuier.  Elke chalet het 3 slaapkamers en kan 6 mense akkommodeer. ‘n Chalet bestaan uit 1dubbel slaapkamer en 2 enkelbeddens in die 2de en 3de kamer onderskeidelik, 'n oopplan sitkamer, badkamer, kombuis en eetkamer area. Die kombuis is ten volle toegerus soos per aangehegte inventaris.

Aktiwiteite:

  • Wildbesigtiging - geniet die wild met  jou eie voertuig tydens jou verblyf
  • Voël besigtiging - Voëls kyk kan geniet word langs die rivier, by verskeie damme en enige plek op 2000 hektaar wilde grasvlaktes.
  • Hengel - Damme is vol bas en ons het 'n vang en laat gaan beleid.
  • Swem - In die top dam of rotspoele langs die rivier.
Fasiliteite
  • visvang op die terrein

Rigting aanwysings

Vanaf JHB na Volksrust

Ry vanaf Volksrust  24 km suidwes op die N11 in die rigting van Newcastle.

Draai links af op die N11 by Ingogo afdraai.

Gaan voort vir 2km deur die Ingogo dorp en oor 'n enkele motor brug.

Draai links 1 km na die brug op die D93.

Gaan voort vir 2km en draai regs op die plaas (D376).

Gaan voort tot by die Schuilklip hek en skakel die eienaar.

Ons sal jou daar ontmoet en jou na jou lodge neem.

AANWYSINGS van Newcastle

Ons is geleë sowat 27km vanaf Newcastle

Ry vanaf Newcastle 24 km noordoos van die N11 in die rigting van Volksrust.

Draai regs af die N11 by Ingogo afdraai.

Gaan voort vir 2km deur die Ingogo dorp en oor 'n enkele motor brug.

Draai links 1 km na die brug op die D93.

Gaan voort vir 2km en draai regs op die plaas (D376).

Ry tot by die hek en skakel die eienaar.

Ons sal jou daar ontmoet jou na jou lodge neem.

GPS Koördinate
O 27 grade 54 '542
"S29 ° 95' 091"