3 Slaapkamer, Selfsorg Woonstel in Hartenbos

Wharf 13 is 'n luukse, selfsorg woonstel op die oewers van die Hartenbos-rivier, by die Riviera Hotel in Hartenbos. Hier sal u 'n verstommende en rustige atmosfeer geniet. Dit is 'n baie mooi versierde, luukse drie-slaapkamer woonstel, toegerus met 'n dubbel-bed in elke kamer, 'n bababedjie kan ook vir 'n baba voorsien word. Elke slaapkamer het 'n eie badkamer, twee is en-suite. Die oopplan woon/eetgebied en toegeruste kombuis, het asemrowende uitsig op Hartenbos-rivier en die see.

Gaste by die Wharf se luukse woonstelle is welkom om hulle dae slegs langs die hotel se swembad deur te bring, hulle maaltye by die restaurant te geniet en skemerkelkies by die dameskroeg, met uitsig oor die Hartenbos-rivier.

Wharf 13 is sentraal geleë, naby Hartenbos se middedorp en slegs minute se reistyd na gewilde toeriste-aanloklikhede van die gebied. Die Riviera Hotel is slegs 750m vanaf Hartenbos se hoofstrand.

Slaapplek vir maksimum 6 volwassenes (en 'n baba indien nodig)

Geriewe van Wharf 13

  • Stoof
  • Oond
  • Mikrogolfoond
  • Eetgerei en breekgoed
  • Skottelgoedwasser
  • Tv met vol DSTV-kanale
  • Ysmaker
  • Gas Braai op balkom
  • Wasmasjien en tuimeldroër
  • Swembad by die hotel
  • Braaigebied op die dek
  • Restaurant en dameskroeg op die perseel
  • Veilige parkering in motorhuis is beskikbaar
  • GEEN SKOONMAASKDIENS NIE
Fasiliteite
  • braai
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV in die kamer
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • konferensie lokaal
  • kroeg/kroegsitkamer
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer op die terrein
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • restaurant op die perseel
  • skottelgoedwasser
  • strand (minder as 500 m)
  • tuimeldroër in eenheid
  • wasmasjien in eenheid