Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Bethel Farm, Clarens, Free State, South Africa
Kontak : Martin and Linda Kearns
Sel (1) : +27-82-2668986
Sel (2) : +27-82-2668986

At Rehoboth Lodge op Bethel Farm, naby Clarens

Die immer veranderlike Malutiberg is die agtergrond van die pragtige Rehoboth- en Meerkat-gastehuise, slegs 4km buite Clarens. Met die Klein Caledonrivier slegs 'n klipgooi vêr, is hierdie skilderagtige gastehuis die ideale wegbreekplek vir mense wat wil wegkom van die stad, om die vakansie in rus en vrede te kan geniet.

Die internasionaal erkende Golden Gate Nasionalepark is slegs 15min se reistyd vanaf die gastehuis, waar u kan ontspan en sielkundig weer versterk kan word. Hier in Clarens is staproetes, perdritte, voël-kyk in die omgewing, sowel as inkopie-sentrums en eetplekke om te geniet.

At Rehoboth Lodge bied 6-bed verblyf in 'n goed toegeruste dubbel-verdieping huis. Hier kan 'n mens terugsit en ontspan met 'n vêrgesig op die pragtige Malutiberg.

At Meerkat lodge het slaapplek vir 2 Volwassenes en 'n slaapbank vir twee kinders. Dit bied 'n sonderlinge maar goed toegeruste gerief met pragtige uitsig, en 'n klein beskutte tuin om te braai of te ontspan onder die skaduryke bome.

'n Nuwe dek is vir ons gaste gebou om 'n skemerkelkie te geniet terwyl u sit om die pragtige uitsig (en ook die veranderde kleurskemas van die weerkaatsings van die sonsondergang op die berg) te aanskou.

At Rehoboth Lodge

Hierdie selfsorg gastehuis het slaapplek vir 6 persone en bied u al die tuisgeriewe, soos:

  • 'n Toegeruste kombuis, 'n woonkamer en eetgebied.
  • Vol boeket DSTV.
  • DVD-speler.
  • 3 Dubbel slaapkamers, 2 bo en 1 onder.
  • 2 Luukse badkamers met elektriese verwarmers.
  • Braaigeriewe.
  • Kaggel.
  • Die hoofslaapkamer bo, het 'n uitsig wat dit moeilik maak om uit die bed te klim.
  • Elektriese komberse is vir die koeler wintermaande beskikbaar.
  • Beddegoed en handdoeke word voorsien.


At Meerkat Lodge

Hierdie selfsorg-eenheid bied slaapplek vir 2 volwassenes en 'n slaapbank vir 2 kinders. Dit bied u al die geriewe van 'n huis, soos:

  • 'n Woonkamer met 'n kaggel en paneelverwarmers .
  • 'n Toegeruste kombuis en eetgebied.
  • DSTV (met gekose boeket-kanale).
  • DVD-speler.
  • 1 Slaapkamer.
  • Luukse badkamer met 'n ruim stort.
  • Braaigeriewe.
  • 'n Slaapbank in die woonkamer..
  • Elektriese komberse is  beskikbaar vir die koeler wintermaande.
  • Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Indien u, uself kan wegskeur, bied Clarens, (slegs 5 minute se reistyd) 'n verskeidenheid van restaurante, geskenk- en handwerkwinkels en ook historiese geboue.

As u dan terugkeer na die gastehuis kan u gaan sit en ontspan op die stoep, braai vleis, of bak in die son terwyl u 'n uitsig geniet wat u nie maklik sal vergeet nie.

Rehoboth-en Meerkat gastehuise bied aan elkeen iets wat die rede sal wees vir u terugkeer.

Martin en Linda Kearns verwelkom u hartlik by hulle gastehuise.

Geskiedenis

At Rehoboth Lodge op Bethel Farm

Regoboth Lodge op Bethel Farm is in 2002 ontwikkel. Die gastehuis was ontwikkel in saam te smalt met die hoofhuis, wat deel bly van die terrein met sy uitsig op die Malutiberg en wye oop omgewing.

Onlangs het Martin en Linda hierdie plek van die vorige eienaar, Hanneke van den Dolder gekoop en wil graag voortgaan met die wonderlike diens wat oor die jare gelewer is.

Die eienaars

Martin kom oorspronklik van Somerset in die Verenigde Koningkryk en is 'n sakeman, betrokke in die myn industrie regdeur Afrika. Linda is 'n rekenmeester, gebore in Camperdown Natal en het later mekaar in Johannesburg ontmoet en is toe getroud.

Hulle het 4 kinders en 3 kleinkinders, wat regoor Suid-Afrika bly en dikwels na die Lodge kom vir 'n besoek.

Hulle verlange om terug te keer na die plek waar hulle wortels gevorm is, het hulle gedryf om na die perfekte plek vir hul aftrede te soek. Hulle energie en dryfkrag sal verseker dat Rehoboth Lodge se geskiedenis behoue sal bly vir nog baie jare.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Highly Recommended
Fasiliteite
  • bergfietsry
  • haardroër
  • Vlieg visvang
  • afstandbeheer sekuriteit
  • braai
  • braai (sommige eenhede)
  • braai / barbecue - communal and onsite
  • DSTV (premie)
  • DSTV in die kamer
  • DSTV in sommige kamers
  • elektriese komberse
  • Golf (minder as 5km)
  • internet fasiliteite
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kombuisie (sommige eenhede)
  • kroegyskas (sommige eenhede)
  • linne en handdoeke voorsien
  • losstaande waaiers
  • Malaria vry
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer op die terrein
  • mikrogolf (sommige eenhede)
  • mikrogolf in eenheid
  • natuurroete (minder as 10km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • nie gediens
  • Open View HD Satelliet TV
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 50km)
  • perdry (minder as 5km)
  • piekniekmandjie
  • private ingang
  • radio in die kamer
  • restaurant (minder as 5km)
  • rotskuns (minder as 20km)
  • speletjies
  • stap
  • stoof in eenheid
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kamer (nie-satelliet)
  • Veilige parkering met individuele afstandsbedrae en sleutels
  • visvang (minder as 10 km)
  • visvang (minder as 3 km)
  • Voël kyk
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)
  • yskas in eenheid

Rigting aanwysings
Aanwysings vanaf Johannesburg (omtrent 3 ure vanaf Clarens) [Sien kaart A]
  • Neem die N3 "Heidelberg/Durban".
  • Direk na die Vaalrivier (na die Engen One-Stop duskant Villiers), neem die glybaan links na die R26.
  • Draai regs oor die brug (Kruis die N3).
  • Ry op R26 na Frankfort. Net duskant frankfort, draai regs by die T-aansluiting.
  • Ry verby Frankfort en die Wilgerivier.
  • Omtrent 300 meter verder, draai links by die padteken: Reitz/Tweeling.
  • Volg die T26 verby Tweeling en Reitz.
  • Ry regdeur Bethlehem op die Durban-pad - N5
  • Omtrent 5km buite Bethlehem, draai regs op die Clarens/Golden Gate pad (R712).
  • Ry verby Clarens.
  • Omtrent 100m verder, draai regs na Fouriesburg (R711).
  • Omtrent 500m verder, draai links by die pad S1028. (Gourmet shed).
  • Volg die teerpad en dan verder p die grondpad vir omtrent 1km.
  • Draai dan links by die padteken Rehoboth Lodge/Bethel Estate.
  • Waar die plaaspad vurk, hou regs verby die plaashuis en tot aan die einde van die pad.

Aanwysings vanaf Durban
(omtrent 4 ure tot by Clarens) [Kaart B]
  • Volg die N3 vanaf Durban na Harrismith.
  • Volg die N5 na Kestell, dan na Bethlehem.
  • Duskant Bethlehem draai links by die padteken Clarens/Goldengate (R712).
  • Ry verby Clarens.
  • Omtrent 100m verder, draai regs na Fouriesburg (R711).
  • Omtrent 500m verder, draai links by die pad S1028. (Gourmet shed).
  • Volg die teerpad en dan verder op die grondpad vir omtrent 1km.
  • Draai dan links by die padteken Rehoboth Lodge/Bethel Estate.
  • Waar die plaaspad vurk, hou regs verby die plaashuis en tot aan die einde van die pad.

Alternatiewe roete vanaf Durban
[Kaart B]
  • In Harrismith, draai links op die R712 na Qwa-Qwa.
  • Ry verby QwaQwa en Golden Gate.
  • Ry omtrent 20km na Clarens.
  • Net voor Clarens, draai links na Fouriesburg R711.
  • Omtrent 500m verder, draai links by die pad S1028. (Gourmet shed).
  • Volg die teerpad en dan verder op die grondpad vir omtrent 1km.
  • Draai dan links by die padteken Rehoboth Lodge/Bethel Estate.
  • Waar die plaaspad vurk, hou regs verby die plaashuis en tot aan die einde van die pad.

Aanwysings vanaf Bloemfontein
(Omtrent 3 ure vanaf Clarens) [Kaart C]
  • Volg die N8 na Ladybrandt.
  • Ry verby Ladybrand en verder op die R26, verby Clocolan en Ficksburg.
  • Draai regs by Ficksburg op die Clarens-pad (711).
  • Ry vir omtrent 30km.
  • Draai regs by die pad S1028, wat omtrent 500m voor die aansluiting met die R712.
  • Volg die teerpad en dan verder op die grondpad vir omtrent 1km.
  • Draai dan links by die padteken Rehoboth Lodge/Bethel Estate.
  • Waar die plaaspad vurk, hou regs verby die plaashuis en tot aan die einde van die pad.

Alternatiewe roete vanaf Bloemfontein
(Kaart C]
  • Volg die N1 na Winburg en draai regs op die N5 na Bethlehem.
  • Ry regdeur Bethlehem op die Durban-pad - N5
  • Omtrent 5km buite Bethlehem, draai regs op die Clarens/Golden Gate pad (R712).
  • Ry verby Clarens.
  • Omtrent 100m verder, draai regs na Fouriesburg (R711).
  • Omtrent 500m verder, draai links by die pad S1028. (Gourmet shed).
  • Draai dan links by die padteken Rehoboth Lodge/Bethel Estate.
  • Volg die teerpad en dan verder op die grondpad vir omtrent 1km.
  • Draai dan links by die padteken Rehoboth Lodge/Bethel Estate.
  • Waar die plaaspad vurk, hou regs verby die plaashuis en tot aan die einde van die pad.
  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Meerkat Lodge (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - dubbel slaapbank
  • Rehoboth Lodge (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
  • Spesiale Kategorieë
  • Interesante Blyplekkebesonderhede
    Why is your establishment interesting?
    Detail description : Rehoboth and Meerkat Lodge both have spectacular views of the Maluti Mountains , set in farm environment. We have just established a boutique vineyard, growing four different Cultivars.

  • Meer As 10 Gaste Verblyfbesonderhede
    Your establishment has capacity to cater for groups of 10 or more.
    Yes
Bladsy Statistieke
73877 besigtings sedert 01 Feb, 2005.
Laas opgedateer op 21 Jun, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 14 years