Where To Stay Logo

Aansoekvorm: Stap 3

Let wel: ons basiese reëls wat van toepassing is om aansoek te doen, en gaan dan voort om u aansoek aanlyn in te vul:

A) Geagte Aansoeker:

Dankie dat u Bly Plekke oorweeg om u eiendom te bemark.

Bly Plekke is waarskynlik die laaste groot webwerf, wat geen bespreking kommissie hef nie, en wat u ook in staat stel om persoonlik met potensiële gaste per telefoon of e-pos te kommunikeer.

Dit is baie duidelik dat die betaling van 'n eenmalige jaarlikse advertensie fooi aan Bly Plekke baie meer finansiële sin maak, as om elke keer van 15% (gemiddeld) afstand te doen, wanneer 'n bespreking, via 'n kommissie gebaseerde webwerf, gemaak word.

Hoewel ons probeer om sover moontlik alle aansoeke goed te keur, behou ons die reg voor, om aansoeke wat nie aan ons bemarking strategieë voldoen nie, af te keur. Die kwaliteit van die eiendom is nie noodwendig die rede wat ons tot hierdie besluit gebring het nie.

Jaarlikse intekeninge is 12 maande geldig en word vooraf betaal. As 'n kliënt om die een of ander rede wil onttrek aan die ooreenkoms (miskien eiendomsverkope of permanente huurders, of om enige ander rede), doen ons nie proporsionele terugbetalings nie.

B) In regverdigheid aan ons lojale adverteerders:

Ons slagspreuk is dat persone wat op soek is na akkommodasie op die Bly Plekke webwerf "regstreeks met met die eienaars / instelling" sal onderhandel.

Persone wat dus op enige manier verbind is aan die onderstaande organisasies (of soortgelyke organisasies) mag NIE Selfsorg Eenhede registreer op die Bly Plekke webwerf nie:

  • Vakansie Verhuring Agente, Bespreking Agentskappe of Eiendoms agente (of hul familie).
  • Toerisme / Reis Buro's.
  • Beheer Liggaam, Ontwikkelaars of Bestuur wat woonstelle namens eienaars uit verhuur.
  • Dit is nodig dat alle navrae of besprekings deur die EIENAAR / BESIGHEID self hanteer word en nie oorgedra word aan enige van die bogenoemde persone / organisasies nie.
  • Eienaars van eiendom wat meer as een eenheid besit en op 'n kort- of lang termyn basis verhuur, word versoek om alle eiendom te adverteer.

Hotelle en Vakansie Oorde met in-huis besprekings fasiliteite is welkom om te registreer (geen kommissie fasiliteite).

Spesiale voorwaardes:
Enige persone wat meer as een eiendom besit, moet ALLE eiendom registreer. Eienaars mag nie EEN eiendom registreer en dan gebruik om eiendomme wat nie geregistreer is te bemark nie. Eienaars van 'n hele multi eenheid kompleks of woonstel blok is welkom om Bly Plekke te kontak om subskripsie fooie te evalueer.

Oorde en hotel groepe is die enigste MULTI-EENHEID eiendomme wat 'n uitsondering op hierdie reël is.

Oortreding van hierdie reëls sal veroorsaak dat die betrokke eiendom / eiendomme van hierdie webwerf verwyder word sonder terug betaling.

Bly Plekke behou die reg voor om aansoeke, wat nie gepas is nie, te weier. Ons behou ook die reg voor om enige bestaande inskrywings te kanselleer indien openbare klagtes onder ons aandag kom, of advertensies wat nie aan ons beleid en strategieë voldoen nie.

Alle ontwerpers elemente en webwerf konstruksie / samestelling word deur ons bemarking strategieë beïnvloed, en ons is nie verplig om hierdie elemente vir enige rede te verander nie. Die vaandel en enige promosie advertensies wat verband hou met die webwerf sal 'n deel van elke enkele bladsy op Bly Plekke vorm, tensy anders besluit deur ons Bemarkings strateë.

Eiendomme moet reg deur die jaar beskikbaar wees vir okkupasie (geen tyd deel / seisoenale beskikbaarheid nie).

Indien 'n eiendom op die mark vir verkoop is ,moet die volgende kennisgewing (op die advertensie, in die tariewe en in die sub-opskrif) gedoen word: "Hierdie eiendom is op die mark en besprekings sal slegs aanvaar word vir 3 maande vooruit".

Persone wat nie die eienaar van die eiendom is nie, mag nie die eenheid onder verhuur as vakansie akkommodasie nie.

C) E-pos korrespondensie:

Neem asseblief kennis dat indien u 'n lid van Bly Plekke word, u instem om sekere korrespondensie / kennisgewings te aanvaar via e-pos.