Clarens is ideaal geleë - naby genoeg vir 'n naweek se wegbreek, ver genoeg om van die dolle gewoel en gejaag van die stedelike lewe te ontsnap. Slegs 3 ure vanaf Johannesburg, Bloemfontein en 4 ure vanaf Durban.

Neethlings Place is slegs 'n klip-gooi weg van die gewilde dorp Clarens. 'n Soliede sandsteen-gebou met 'n groot stoep wat 'n pragtige uitsig op die Maluti-berg het. Die ekstra groot tafel buite is ideaal vir 'n ontspanne ontbyt of 'n feestelike braai op die grasbraaier. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n aangrensende eetkamer waar 8 persone gemaklik kan eet. Dit spog ook met 'n oopplan woongebied, gaskaggel, 'n vol DSTV en kroeg.

Neethlings Place het 5 slaapkamers (2 met privaat badkamers) 4 met dubbelbeddens en 1 met 2 enkelbeddens. Nog een vol badkamer en 1 gaste toilet. Elke slaapkamer is smaakvol ingerig om u tuis te laat voel.

Die hele huis, het plek vir tot 10 persone.

Geriewe

Clarenc is bekend as "Die juweel van die Oos-Vrystaat" en bied 'n oorvloed van restaurante, koffiewinkels, kunsgallerye en interessante winkels vir die snuffelaar. Vir diegene met meer energie, is daar ook verskeie keuses: Witwater kanovaarte, bergfiets en 4x4 paaie, staproetes, vlieg-hengel, gholf en quadfietse. Daar is ook 'n aantal interessante historiese- en fossieltereine in die Clarens omgewing.

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • braai
  • DSTV in eenheid
  • elektroniese kluis
  • Golf (minder as 5km)
  • kaggel
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kroegyskas
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • mikrogolf in eenheid
  • Open View HD Satelliet TV
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
  • tuimeldroër
  • tuimeldroër in eenheid
  • wasmasjien in eenheid
  • wasmasjien op die terrein