Montagu Ronda-View, u tuiste tydens ‘n besoek aan die historiese plattelandse dorp, Montagu.

Beleef rondawel leefstyl op sy beste met al die nodige moderne geriewe, rietplafonne deurgaans, omring deur die Montagu berge. Die begin van verskeie staproetes is reg voor die deur.

Hierdie selfsorg-rondawel is rolstoel- en troeteldiervriendelik en is op 'n privaat erf geleë, sowat 15 minute se stap na die geskiedkundige middedorp, waar besienswaardighede soos die Saterdagoggendmark en verskeie restaurante en koffiewinkels besoek kan word.

Montagu Ronda - View is ook naby genoeg om die Avalon Warmwaterbronne, wyn- en besienswaardige roetes wat Montagu bied, te geniet.

Montagu, teen die befaamde Roete 62, spog met verskeie besienswaardighede wat besoekers 'n onvergeetlike verblyf hier sal verseker. Dit sluit onder meer die skilderagtige Cogmanskloof met sy Ou Engelse fort, Roete 62, Kanonkop, droëvrugte- en neutbedryf met winkels wat hul ware direk aan die publiek verkoop, voetslaanroetes, wêreldbekende rotsklimplekke, bekende restaurante, Avalon-warmwaterbron, wyn en muskadelkelders, 'Leiwaterdam';-voëlreservaat, historiese argitektuur, Montagu Museum, hangbrug oor die Keisie-rivier, wingerde en vrugteboorde, wildreservate asook die beroemde Protea-trekkerrit.

Daar is veilige parkeerplek van die straat af vir twee motors by Montagu Ronda-View.

Hierdie knus dubbelrondawel, omrimg met rietbedekte stoepe, braaigeriewe, 'n plonspoel en 'n pragtige uitsig oor die berge en die dorp bied 'n goed toegeruste kombuis / eet- en sitkamer, met 'n kaggel en lugversorging vir die sonnige en warm Montagu-somersdae.

Twee gemaklike enkelbeddens in elk van die twee smaakvol ingerigte slaapkamers kan op versoek van gaste in koninggrootte-beddens omskep word. Daar is ook 'n koningingrootte-slaapbank in die sitkamer. Gratis ‘WiFi’ fasiliteite is beskikbaar, tesame met twee platskerm-televisies in die sitkamer en hoofslaapkamer. 'n DVD-speler word ook voorsien.