Bly Plekke Logo
  • 1 of 10
    1/10 - Outside
  • 2 of 10
    2/10 - Outside of Makhato 109
  • 3 of 10
    3/10 - Guests feeding the Nyala
  • 4 of 10
    4/10 - Kitchen
  • 5 of 10
    5/10 - Open plan kitchen, dinning room and lounge
  • 6 of 10
    6/10 - Bedroom 1- en suite with bath, shower, and separate outside shower
  • 7 of 10
    7/10 - Bedroom 1 en-suite bathroom
  • 8 of 10
    8/10 - Bedroom 3 - en-suite with bath, shower and separate toilet
  • 9 of 10
    9/10 - Bedroom 4 - en-suite with bath, shower and a separate outside shower
  • 10 of 10
    10/10 - Bedroom 4 - bathroom
  • 1 of 10
  • 2 of 10
  • 3 of 10
  • 4 of 10
  • 5 of 10
  • 6 of 10
  • 7 of 10
  • 8 of 10
  • 9 of 10
  • 10 of 10
*Vanaf R1500
Per eenheid per nag
*Tariewe kan verskil volgens seisoen/aantal mense
SPESIALE AANKONDIGING!Ontvang vroeë kennisgewings Wys Tariewe English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:Unit 109, Sondela Game Reserve, Bela-Bela (Warmbaths), Limpopo, South Africa
Kontak:Ria Auret
Faks:+27-86-5256096
Sel:+27-82-7872941

Uitleg Slaapgeriewe
  • Makhato 109 (Slaap 8) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - koningin
    • Slaapkamer 3 - tweeling
    • Slaapkamer 4 - koning
Bladsy Statistieke
71351 besigtings sedert 12 Dec, 2008.
Laas opgedateer op 10 Mar, 2022.
Listed on WhereToStay.co.za for 13 years

In die hart van die bosveld, is Makhato Bush Lodge 109, 'n privaat gastehuis in die keurige en ongerepte Sondela-Natuurreservaat.

In slegs 90 minute se reistyd vanaf Johannesburg, met 'n groot verskeidenheid geriewe vir ontspanning, is Makhato Bush Lodge 109 gerieflik geleë. Die naam van die spel is: Keer terug na die natuur. Die omliggende reservaat, met sy idilliese golwende vlaktes, sal eindelose geleenthede voorsien, om die rustigheid van die bosveld te ervaar. 'n Groot verskeidenheid van voëls/wild kan van u slaap- of badkamer gesien word.

Die reservaat is malaria-vry, volkome veilig en word bestuur deur 'n span wat bekend is vir hulle gasvryheid en kennis van die wildlewe en natuurbewaring, asook die toepassing daarvan.

Al ooit gedroom van 'n "Out of Africa" ondervinding, maar sonder om die geriewe van 'n privaat badkamer agter te laat? Wel, hier is u geleentheid. Hierdie pragtige, ten volle gemeubileerde, grasdak-gastehuis het 4 groot, smaakvol versierde slaapkamers met privaat badkamers. Daar is slaapplek vir 8 (met 'n solderkamer vir 3 persone) met 'n uitsig op die watergat en die egte Afrika-bos wat u nie maklik sal vergeet nie.

1ste Slaapkamer (privaat ingang) met 'n koningsgrootte bed, privaat badkamer met 'n bad, dubbel wasbakke, stort, aparte toilet en bidet asook 'n privaat buitestort met warm en koue water. 2de Slaapkamer (privaat ingang) met 'n koningsgrootte bed, privaat badkamer met 'n bad, wasbak, stort aparte toilet en 'n privaat buitestort met warm en koue water. 3de Slaapkamer (privaat ingang) met 'n koningsgrootte bed (of 2 enkel beddens), privaat badkamer met 'n bad, dubbel-wasbak, stort en 'n aparte toilet. 4de Slaapkamer - 'n Koningingrootte bed, 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
'n Oopplan woon/eetkamer met 'n kaggel, asook 'n ultra moderne graniet-kombuis wat baie goed toegerus is, insluitende 'n ys/vrieskas, wasmasjien, skottelgoed-wasser en mikrogolfoond. Daar is ook 'n DVD-speler en DSTV in die woonkamer.

Die gastehuis word daagliks, behalwe op Sondae en publieke vakansiedae skoon gemaak. Skoonmaakdienste kan vir publieke vakansiedae en Sondae gereël word teen R100 per dag.
Beddegoed word voorsien. Bring u eie handdoeke.

Ontspan en besigtig die wild vanaf die hoë balkon. Dit het 6 leuenstoele, of sit onder die baie groot gras-afdak by die braai-area. Dit het 'n groot tafel met stoele, 'n prep-bak, werksoppervlakte en 'n ingeboude Jet Master. U kan ook die gesellige atmosfeer van 'n groot vuur in die vuurput van die boma geniet.   

Die gastehuis het 2 afdakke vir parkering en 'n toegeboude gebied vir wasgoed.

Sondela het 6 swembaddens (3 verhit) in 'n verskeidenheid van keurige tuine vir die gaste om te geniet en is slegs ongeveer 10km buite Bela-Bela (Warmbad).

Geriewe/Vermaak:

Geriewe Op Terrein

Swembaddens (koud en verhit), restaurant, dameskroeg, winkel vir wegneem etes, pendeldiens na Carousel Casino, parking, speelgrond met springkasteel, speletjieskamer, wildritte, voëlkyk.

Vermaak: Verskillende programme

Swembad-speletjies, perdritte, skyfskiet, 4x4 baan, georganiseerde 4-wiel motorfietsbane, (geen privaat fietse toegelaat nie), wildritte (dag en nag), stap, "Action cricket", put-put, diereplaas (voer van diere en melk van koeie vind hier plaas), tennis, vlugbal, fietsry (fietse te huur, uurliks of per dag).
Toer deur die "Wild life Rescue Centre"  en laat die span hulle kennis, ondervinding, verbintenis en passie vir grootmaak, versorging en behandeling van wilde diere met jou deel. U mag selfs aan die diere vat en voel.

Naby geleë vermaak en geriewe:

Carousel Casino - 50km, Forever Resorts Warmbaths and Hydro - 10km, Klein Kariba Resort - 15km, Nylsvlei Bird Sanctuary - 70km, Cheeta and Wild Dog Sanctuary - 60km, Mabalingwe Nature Reserve ( Groot 5) - 25km, Mabula Nature Reserve (Groot 5) - 50km, Royal Northlands Golf course - 12km, Winkels en restaurante - 10km, Mediese geriewe - 10km, Thaba Kwena krokodilplaas - 20km.

U SAL SPYT WEES INDIEN U HIERDIE ONDERVINDING IN DIE NATUUR MISLOOP!

Maak Google Map oop
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
71351 besigtings sedert 12 Dec, 2008.
Laas opgedateer op 10 Mar, 2022.
Listed on WhereToStay.co.za for 13 years
Kaartaansig

Satellietaansig
Kaartaansig
Straataansig
Beskikbaarheids kalender

Makhato Bush Lodge 109
Slide calendar from left to right

Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

Spesiale aanbiedings

Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
  • 1 of 10
    1/10 - Outside
  • 2 of 10
    2/10 - Outside of Makhato 109
  • 3 of 10
    3/10 - Guests feeding the Nyala
  • 4 of 10
    4/10 - Kitchen
  • 5 of 10
    5/10 - Open plan kitchen, dinning room and lounge
  • 6 of 10
    6/10 - Bedroom 1- en suite with bath, shower, and separate outside shower
  • 7 of 10
    7/10 - Bedroom 1 en-suite bathroom
  • 8 of 10
    8/10 - Bedroom 3 - en-suite with bath, shower and separate toilet
  • 9 of 10
    9/10 - Bedroom 4 - en-suite with bath, shower and a separate outside shower
  • 10 of 10
    10/10 - Bedroom 4 - bathroom
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2022 blyplekke_live
Makhato Bush Lodge 109 - Bela-Bela Akkommodasie.
WTS App Browser