La Motte B&B is geleë vyf km buite Bethlehem op die N5 rigting Harrismith/KwaZulu-Natal en Clarens/Golden Gate.

Ons vyf goedingerigte kamers kan 10 - 14 gaste akkommodeer en het en suite-badkamers, skoon linne en handdoeke. In elke kamer is daar ‘n yskas, mikrogolf, tee & koffie-fasilieit en eetgerei; ook DSTv, ’n waaier vir die somer en verwarmer en elektriese komberse vir die winter.

Die tuin is ryk aan voëllewe en bied ruim speelplek vir kinders. Ontbyt op aanvraag is ook beskikbaar.

Kom geniet die natuurskoon en rustigheid van die Oos-Vrystaat en word verkwik deur die vrede en ouwêreldse gerief wat La Motte B&B bied.