Get it on Google Play

Jagerskraal Guest FarmEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings

Jagerskraal Guest Farm
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Jagerskraal Guest Farm
Laingsburg
Klein & Groot Karoo
Western Cape
South Africa
Kontak : Lynn Jackson
Plaaslike Tel : 023-3582073
INT Tel : +27-23-3582073
Sel : 082-7209005

Die plaas het die volgende huise:

Heunis and Woudberg:

Die huise, Heunis and Woudberg, is ideaal geskik vir 'n gesin of familie wat  wil deel. Toegerus met 3 slaapkamers, 2 met 2 enkelbeddens elk en 1 met 'n dubbelbed. Dit het 2 badkamers, een met 'n stort en een met 'n bad. Die oopplan kombuis en woongebied het 'n kaggel wat 'n onvergeetlike samesyn verseker in die koue wintersaande.

De Wit:

Hierdie klein houtkajuit is ideaal vir twee persone. Toegerus met twee enkelbeddens kan dit deur vriende gedeel word. 'n Aparte kombuis en badkamer met 'n stort voltooi hierdie skilderagtige klein huisie.

Brink:

Geleë langs die De Witkajuit is dit ideaal vir vriende of faminle wat graag naby mekaar wil wees. Die enigste verskil met De Wit is dat dit 'n dubbelbed in het.

  • Tussen Brink en De Wit is daar 'n kuierkraal waar vriende en familie saam kan braai en die Karoo-sterre saans kan geniet.

La Grange:

Hierdie huis is apart van die ander en is uniek in sy eie manier. Ook bekend as die Wittebrood suite. Hierdie ou huis het 'n dubbelbed  met 'n aparte kombuis, 'n binne-braaiplek en 'n badkamer met 'n bad.

  • Al die bogenoemde eenhede het beddegoed en handdoeke.
  • Elke eenheid het sy eie braaiplek buite.

Kamp Huise:

Hierdie hout kajuite het 1 slaapkamer, met óf 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens. 'n Gemeenskaplike badkamer met toilette en storte en ook 'n gemeenskaplike kombuis maak dit ideaal vir gaste wat dit eenvoudig wil hou en 'n klein begroting het.
Elke kajuit het sy eie braaiplek buite. Beddegoed word voorsien.

Die plaas bied die volgende:

  • Veilige geriewe en omgewing, ook veilige parkering .
  • Kinders en diere is welkom.
  • Vir die warm somerweer is daar 'n swembad in die natuurlike Karoo. Daar is ook 'n braaiplek by die swembad wat deur die gaste gebruik kan word en 'n trampolien op die gras vir die kinders se plesier.
  • 'n "plaas" ontbyt kan vooruit by die bestuur bestel word (onderhewig aan beskikbaarheid).
  • 4x4 Roetes: Kan met u eie voertuig gery word of deur plek te bespreek op ons Cruiser wat sitplek vir 6 persone het. Die prys is R600 per rit. (prys kan verander).
  • Quadfiets-baan: begeleide ritte kan ook by die bestuur bespreek word. Geen kinders onder 13 sal alleen op 'n fiets toegelaat word nie. R450 per persoon per rit.
  • Op die 4x4 roete kan die volgende diere gesien word: Wildebeeste, Springbokke, Blesbokke, Duiker, Ribbok, Steenbok en Zebra's.
  • Plaasdiere wat gesien kan word: Beeste, skape, varke, eende, hoenders, poue, en miniatuur bokke, volstruise en perde.
  • Hier is ook 'n groot verskeidenheid van wilde voëls en watervoëls vir die voëlkykers.
  • Fynbos en Suikerbos in die seisoen.
    Deelname aan al die bogenoemde is op eie risiko.

Konferensie/Huweliks-Perseel:

Geskik vir tot 100gaste/afgevaardigdes is hierdie gerief ideaal vir die persoon wat iets anders as die normale wil doen. Toegerus met breekgoed, eetgerei, tafels, stoele en tafeldoeke. Badkamergeriewe op die perseel. Die kombuis het gasstowe en ook 'n yskas en vrieskaste.

Die troues op die plaas is ideaal vir die "Karoo" gevoel in die vreedsame omgewing met die natuur reg rondom u.

Vir die paartjie wat graag hul "plaas"-troue hier wil voltrek is daar 'n grasdak-kapel beskikbaar. Met ons pragtige berge in die agtergrond, sal die mees romantiese fotos hier geneem kan word.

*Kontak die bestuur vir die nuutste inligting en tariewe*

Ontspannings-gebied: (Binne die Konferensie/Huweliks-Perseel)

Op soek na vermaak of om binnenshuis te bly in die koue winter?  Hier is 'n binne-braaiplek met 'n pooltafel, tafeltennis-tafels en 'n veerpyltjiebord vir die sport-liefhebbers. *Besprekings is nodig vir die ontspannings-gebied. Dit kan ook met bestuur gereël word*. 'n Klein fooi sal gehef word.

  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Spesiale KategorieĆ«
  • Konferensie Akkommodasie
  • Gasteplaas Akkommodasiebesonderhede
    Is your establishment on a working farm?
    Yes
  • Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf
  • Troue Akkommodasie
Bladsy Statistieke
3416 besigtings sedert 24 Jul, 2015.
Laas opgedateer op 03 Jun, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 3 years