Get it on Google Play

Izintaba Game FarmEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings

Izintaba Game Farm
Beskikbaarheid + Tariewe + Bespreking
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Portion 3
New Belgium Farm
50km outside Vaalwater
Limpopo
South Africa
Kontak : Nikki
Sel : 082-7057708
Deurgaans spesiale aanbiedinge beskikbaar.
KLIEK ASSEBLIEF HIER VIR BESONDERHEDE

Geleë op 'n privaat wildsplaas, net 290km. noord van die OR Tambo Internasionale Lughawe en buite Vaalwater in die malariavrye Waterberg biosfeer. Izintaba bied selfsorg-verblyf in 6 luukse, ten volle toegeruste selfsorg-kothuise. Met slaapplek vir 4 tot 14 persone bied Izintaba die perfekte samesyn vir groepe, of vriende, of gesinne, intieme huwelike, romantiese bos-wegbreke, of net 'n welverdiende wegbreek-naweek. Izintaba wildsplaas bied aan gaste die vryheid om die bos te geniet in hulle eie tyd en behoeftes, hetsy vir stap, bergfiets-ry, hengel, voëlkyk of wildsritte op ons 1200 ha wildsplaas.

Izintaba (beteken: 'n Plek in die berge). Dit is die tuiste van 'n groot verskeidenheid voëls, al die gewone vlakte-wild, van die kameelperd tot rooibokke en ontelbare spesies van reptiele en insekte. Die gebied is geseën met 'n matige klimaat dwarsdeur die jaar en is malariavry. Laat die spanning van die stad agter en kom geniet die vrede en rustigheid in die malariavrye Waterberg-bos.


Verblyf:
By Izintaba glo ons dat 'n verblyf in die bos in styl en gemak geniet kan word.
Die grasdak-eenhede is luuks-gemeubileerd, baie gerieflk, met uitsig oor die tipiese Waterberg-bosveld. Aan die einde van die dag kan die gaste op hulle stoep ontspan, met bewondering van die pragtigste sonsondergange; maak 'n houtvuur in die privaat lapa, kyk na die ongelooflike naghemel en geniet die wonderlike geure en nag-geluide van die bosveld.

Zebra Cottage and Bushbuck Cottage:
Elke eenheid geskik vir 4 persone in 2 slaapkamers met privaat badkamers, ook 'n oopplan woon/eetkamer en kombuis. Zebra-kothuis het 'n solder waar 2 ekstra persone kan slaap.

Kudu Cottage:
'n Groter dubbelverdieping-eenheid met slaapplek vir 8 persone in 4 slaapkamers met privaat badkamers. Ook 'n oopplan woon/eetkamer en kombuis. Private plonspoel.

Giraffe Cottage:
Oorspronklik gebou as 'n huis, is dit verander in 'n ruim woon-eenheid met 'n oopplan woon/eetkamer en groot kombuis. Dit maak dit baie geriefik en moeitevry vir groot gesins/vriende se samekomste. Gerieflike slaaplek vir 10 persone in 3 groot slaapkamers, een koninggrootte bed, een dubbelbed en een solderkamer met 4 enkelbeddens, ideaal geskik vir kinders. 2 Vol badkamers, beide met 'n stort en 'n bad.

Duiker Cottage:
Duiker-kothuis is geskik vir daardie gaste wat smag na die alleenheid, rustigheid en kalmte van die bos. Geleë op 'n klein rotsagtige rif. Duiker-kothuis bied 'n besonderse uitsig van die omliggende bos en berge vanaf beide die bedekte stoep, oopplan woon/eetkamer en kombuis. Slaaplek vir 4 persone in twee slaapkamers. Een koningsgrootte bed en 2 enkelbeddens en 'n badkamer.

Izintaba Lodge:
Die buitengewone boshuis het slaapplek vir 10 persone in 3 luukse slaapkamers met privaat badkamers. 2 Met koningsgrootte beddens, 1 met 2 enkelbeddens. 2 Ruim slaapkamers, beide met 2 enkelbeddens en 'n gemeenskaplike badkamer. Ons is aanpasbaar en kan aan elke groep se behoeftes voorsien deur ekstra beddens vir kinders te verskaf. Kroeg met pool-tafel en veerpyltjiebord, 'n privaat swembad met 'n grasdak-lapa en 'n braaiplek vir etes - buite.

Al die eenhede het die volgende:
Ten volle toegerus vir selfsorg, met al die breekgoed, eetgerei, beddegoed en handdoeke; 'n 4plaat elektriese- of gasstoof met 'n oond, mikrogolfoond, ys/vrieskas; kaggel in die woonkamer, 'n skadu-stoep; 'n skadu-parkeerplek en grasdak-lapa vir etes buite en 'n privaat braaiplek.

Etes:
Voorbereide etes kan bestel en op 'n daaglikse basis by u eenheid afgelewer word. Doen asseblief navraag i.v.m. ons etes.

Vermaak:
Wildsrit/bosbraai:
Vergesel ons op 'n 2-3 uur begeleide wildsrit op 'n oop Landrover, gevolg met 'n 3-gang aandete rondom 'n knetterende kampvuur by ons bosbraai-terrein, geleë in die middel van die bos onder die Afrika-hemel.

Bergfiets-ry:
'n Goeie netwerk van plaaspaaie stel die fietsryer in staat om die rit in die bos te geniet. Die paaie kan gewoon of vir 4x4 wees. Daar is altyd die moontlikheid om van aangesig tot aangesig met 'n zebra of 'n kamelperd om die volgende draai te kom! Alternatiewelik, die publieke paaie buite die plaas het baie min verkeer en bied langer ritte.

Wildbesigtiging:
Izintaba bied 'n verskeidenheid habitat, van oop vlaktes tot rotsagtige klowe of damme met seisoenale spruite. Dit stel die plaas in staat om 'n wye verskeidenheid van wildlewe te huisves. Gaste kan ons vergesel op 'n oop voertuig vir 'n begeleide wildsrit, of kan in hul eie voertuie na die wild gaan kyk. Die meeste paaie is geskik vir gewone voertuie, maar slegs 'n paar vereis 4x4. 'n Kaart van die plaas word word met u aankoms voorsien.

Stap:
Izintaba bevat 'n wye verskeidenheid van fauna en flora, daarom het ons geen gevaarlike diere nie. Die beste manier om dit alles te belewe, die pragtige toneel te absorbeer en te geniet, is te voet. Daar is baie wildspaadjies en met die meer as 25km van paaie op die eiendom kan u lang en gemaklike staptoere onderneem. Vir die meer energieke, is daar 'n gemerkte staproete af in die pragtige kloof met watervalle en rotspoele in die reënseisoen.

Voëlkyk:
Met die meer as 200 bevestigde spesies in die gebied, kan u die plesier om na voëls te kyk, ontdek. 'n Kontrolelys word op navraag voorsien.

Swem:
Koel af in die groot swembad tussen die granietrotse.

Boom identifisering:
Die plantlewe is baie verskillend a.g.v. die verskillende terreine. Dit is 'n wonderlike stokperdtjie om rond te loop en die verskillende bome/veldblomme te identifiseer met behulp van 'n goeie verwysings-boek.

Piekniekplekke:
Pak 'n piekniekmandjie en geniet die omgewing by een van ons piekniekplekke.

Fotografie:
Daar is eindelose moontlikhede vir die natuur-fotograaf, veral omdat gaste toegang tot alle plekke op die eiendom het.

Hengel:
Bring u eie hengelgerei of gebruik een van ons visstokke om u geduld te beproef teen die babers en kurpers wat in ons dam wag om gevang te word.

Fauna en Flora:
Meer as 40 soogdierspesies kom voor op Izintaba wildsplaas, groot en klein. Dit sluit in: kameelperde, zebra, koedoe, eland, waterbok, blouwildebees, gemsbok, bosbok, blesbok, berg-rietbok, klipspringer, duiker, steenbok, rooibok, bosvark en vlakvark. Roofdiere soos luiperd, bruin hiëna, rooikat, tierboskat, swartrug-jakkals, muskeljaatkat, en die Afrika-wildekat word soms gesien.

Die skugter aardvark, miervreter en ratel kom ook op die plaas voor. Die Waterberg spog met oor die 200 voëlspesies. Dit sluit roofvoëls in, soos die slang-arende, valke en sekretarisvoëls en ook verskillende soorte visvangers, neushoringvoëls en suikerbekkies. Ontelbare spesies van insekte en reptiele kom voor, insluitende die endemiese grootskub-akkedis.

Izintaba bied 'n wye verskeidenheid van terreine en tonele. 'n Seisoenale spruit wat die dam voed, voorsien 'n interessante moeras wat 'n verskeidenheid van watervoëls lok; wye oop grasvlaktes waar wild maklik gesien word; digte bosse en rotsagtige heuwels. Op die noord-oostelike kant van die eiendom is daar 'n ruie beboste perdehoef-vormige rug wat uitkyk op die eindelose reeks van berge en valleie met geen teken van beskawing nie. Dit is onder hierdie rug met sy vele rotsriwwe waar baie seisoenale watervalle gesien kan word.

Rigting aanwysings
Neem die N1-noord vanaf Johannesburg, draai dan links, rigting Nylstroom/Modimolle by die Kranskop-tolhek. Ry deur Nylstroom na Vaalwater (60 km). Draai regs by die Melkrivier-teken en ry nog 35 km verder. By die Dorset-teken, draai links op die grondpad. By die vurk, ry na Werkendam (ongeveer 20 km). Izintaba Lodge is dan aan die regterkant, net na die dam.

PLAAS SE KOöRDINATE
23°59'13"S
28°09'33"E
  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Bushbuck Cottage (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
  • Duiker Cottage (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
  • Giraffe Cottage (Slaap 10) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - dubbel
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 4 - enkel, enkel, enkel, enkel
  • Izintaba Lodge (Slaap 15) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - koning
    • Slaapkamer 3 - koning
    • Slaapkamer 4 - enkel, enkel, enkel, enkel
    • Slaapkamer 5 - dubbel, enkel
    • Slaapkamer 6 - enkel, enkel
  • Kudu Cottage (Slaap 8) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - koning
    • Slaapkamer 4 - enkel, enkel
  • Zebra Cottage (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
  • Fasiliteite
  • braai
  • buite swembad
  • DSTV in kommunale gebied
  • internet fasiliteite
  • jag (minder as 30 km)
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • meer op die terrein
  • mikrogolf in eenheid
  • natuur roete op die terrein
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • private swembad (sommige eenhede)
  • skottelgoedwasser (sommige eenhede)
  • televisie in die kommunale gebied
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
  • visvang op die terrein
  • wasgeriewe
  • wildritte op die terrein
  • Spesiale Kategorieë
  • Konferensie Akkommodasiebesonderhede
    Accommodates how many people?
    Capacity : 50

    The following apply
    Exclusive / preferred service providers on call
    Restroom accessible
    Kitchen accessible
    Audio – visual equipment (request details)
    Food / beverage facilities for catering purposes
    Crockery and cutlery available for hire
    Catering done in-house
    Designated parking area
    Sufficient parking space
    Fully staffed (cleaning, servers etc.)
    Internet connection
    Wireless internet connection
    Air conditioning
    Good lighting that can be operated independently
    Liquor license
    Bar on-site
    A purpose-built and dedicated back entrance available for equipment loading and offloading
    Wheelchair friendly
    A specified area for coaches and buses to stop to allow delegates and guests to embark and disembark safely
    Dedicated storage space that can safely store event materials and equipment overnight
    Individual lockable storage available for storage of more valuable items
  • Visvang Verblyf - Varswaterbesonderhede
    The following apply
    Fishing equipment for hire
    Can bring own fishing equipment
    Boat available for use
    Boat available for hire
    Can bring own boat (no petrol motors)
    Catch and release
    Catch and keep
    Limited number of fish per day allowed
    Fly fishing
  • Gasteplaas Akkommodasiebesonderhede
    Is your establishment on a working farm?
    Yes
  • Troeteldier-vriendelike Akkommodasiebesonderhede
    The following apply
    Small dogs
    Big dogs
    Dogs have to be on lead whilst outside
    Kennels provided
    Kennels must be used
    Other animals on the property
    Horse stables – bedding provided
    Horse stables – bedding not provided
    Horse paddocks
    Grooms available
    Arena
    Parking area for horse box / float
  • Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyfbesonderhede
    The following apply
    Bring your own bicycle
    Bicycles to hire
    Bicycle set trails
    Bicycle - free to explore
    Bring your own quad bike
    Quad bikes to hire
    Quad bike set trails
    Quad bikes – free to explore
    Bring your own off-road motorcycle
    Off-road motorcycles to hire
    Off-road motorcycle set trails
    Off-road motorcycle – free to explore
    4x4 vehicle set trails
    4x4 vehicle – free to explore
  • Meer As 10 Gaste Verblyfbesonderhede
    Your establishment has capacity to cater for groups of 10 or more.
    Yes
  • Troue Akkommodasiebesonderhede
    Capacity Information
    Overnight accommodation for how many people? : 46
    Max people allowed at the venue? : 50

    The following apply
    Reception area
    Chapel
    Area for wedding ceremony
    Undercover area for signing the register
    Fully catered
    Couple must provide own catering
    In house events coordinator (compulsory)
    In house events coordinator (not compulsory)
    Liquor license
    Fully stocked bar
    Cutlery and crockery rental
    Cleaning / serving staff
    Bridal suite
    Honeymoon suite
Bladsy Statistieke
36541 besigtings sedert 14 Feb, 2007.
Laas opgedateer op 26 Feb, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 12 years