Transgariep & Goudvelde Akkommodasie

»

Springfontein Akkommodasie

»

Bed & Ontbyt in Springfontein

Hillside FarmEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings

Hillside Farm
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Trompsburg / Springfontein
9913
Free State
South Africa
Plaaslike Faks : 086-6131300
INT Faks : +27-86-6131300
Sel : 082-9287111

Hillside plaas is 'n 4de generasie werkende familieplaas geleë in die Suid-Vrystaat. Die boerderyonderneming sluit in Merino-wolskape en 'n Rooi Angus veestoet. Die plaas is ideaal geleë tussen “noord en suid”; tussen

  • Gauteng / Limpopo / Noordelike Provinsie / KZN, en
  • Die Oos- of Wes-Kaap,

Of vir 'n naweek-uitstappie uit die stad, waar jy die ongerepte natuur op sy beste kan geniet, kompleet met die klank van voëltjies wat fluit en die pragtige naghemel. Bring 'n lekker boek en stapskoene saam!

Luukse akkommodasie word aangebied in drie aparte eenhede:

"Len's cottage/ Len se kothuisie" is in 1929 gebou.
In 2012 is die kothuis opgeknap met die aanbou van 'n moderne badkamer, en 'n kombuisie is bygevoeg.

Die oorspronklike argitektuur van die huis, is met groot sorg behou. Dit is geleë in 'n stil hoekie van die groot, gevestigde plaastuin, met uitsig oor die roostuin.

Len se kothuisie bied:

  • Een slaapkamer (koningin-grootte bed),
  • Groot volledige en-suite badkamer
  • Kombuis en sitkamer (toegerus met klein yskas, mikrogolfoond, en 'n slaapbank wat gebruik kan word, indien nodig)
  • Stoep met tafel en stoele.

"Tree House/ Boomhuis" is in Desember 2015 voltooi. Hierdie familie-eenheid is modern en ruim, en het konsertina-vensters wat oopmaak vir 'n pragtige uitsig oor die tuin. (Let asseblief daarop dat hierdie eenheid deur trappe toeganklik is en dus nie rolstoelvriendelik is nie).

Die boomhuis bestaan ​​uit:

  • Hoofslaapkamer (koningin-grootte bed) en volledige en-suite badkamer
  • 2de slaapkamer (twee enkelbeddens), volledige en-suite badkamer
  • 3de slaapkamer (twee enkelbeddens,) en-suite badkamer (stort, geen bad)
  • Kombuis (toegerus met 'n yskas en vrieskas en mikrogolfoond)
  • Eetkamer

Garden View
Vanuit hierdie gaste-suite, die boonste gedeelte van die hoofhuis, kan mens 'n onbelemmerde uitsig oor die tuin geniet.

Dit is 'n groot familie-eenheid met:

  • 'n Groot hoofslaapkamer met 'n koningin-grootte bed
  • En-suite badkamer
  • 'n Klein kombuisie met 'n aparte eetkamer
  • Groot noord-aansig sitkamer met vuurmaakplek
  • Twee enkelbeddens waar die sterre en vars naglug van die gerief van u bed waardeer kan word – hierdie kamertjie, met muskiet-beskerming, is langs die balkon.

Hierdie eenheid is op die eerste verdieping en het 'n privaat ingang van buite. Dit is nie rolstoelvriendelik nie.

Etes
Ontbyt: ontbyt word in die onderskeie eenhede bedien – dit is gewoonlik ‘n kontinentale ontbyt insluitend yoghurt, vrugte en muffins.
Aandete: 'n keuse van tuisgemaakte etes is beskikbaar, wat ook in die onderskeie eenhede bedien word, maar daar moet asseblief vooraf gereël word.

Aktiwiteite

Op die plaas:

  • Stap en piekniek
  • Sterrekyk
  • Voëlkyk
  • Swembad
  • Tennisbaan (met krieketnet)
  • Waarneming van plaasaktiwiteite (seisoenaal - insluitend skeer, melk, hanslammers voer, ens)
  • Bergfietsroetes - (eie fietse, asseblief)

Binne 'n uur se rit:

  • Anglo-Boereoorlog konsentrasiekampbegraafplaas
  • Gariepdam
  • Letsatsi Game Lodge
  • Tussen-die-Riviere Natuurreservaat en Wildpark

Rigting aanwysings
Vanaf Trompsburg
Ry 14km suidwaarts vanaf Trompsburg op die N1, (in die rigting van Springfontein).
Draai links by die Hillside bord. Vanaf Springfontein
Ry 9km noordwaarts vanaf Springfontein-Noord op die N1, (in die rigting van Trompsburg). Draai regs by die Hillside bord.

Ons is gerieflik geleë net 800m vanaf die N1 tussen Bloemfontein en Colesberg in die Suid-Vrystaat.

  • 140km suid van Bloemfontein
  • 550km vanaf Johannesburg
  • 900km vanaf Kaapstad
  • GPS koördinate: S30 9 '15 "E025 44' 33"
  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • French
  • Sotho
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Garden View (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
  • Len's Cottage (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - dubbel slaapbank
  • The Tree House (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - tweeling
    • Slaapkamer 3 - tweeling
  • Fasiliteite
  • haardroër
  • braai
  • buite swembad
  • DSTV in sommige kamers
  • kombuisie slegs
  • kroegyskas
  • kroegyskas (sommige eenhede)
  • linne en handdoeke voorsien
  • lugverkoeler
  • lugversorger (alle eenhede)
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan
  • verwarmers in eenheid
  • yskas in eenheid
  • Spesiale Kategorieë
  • Gasteplaas Akkommodasiebesonderhede
    Is your establishment on a working farm?
    Yes
  • Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyfbesonderhede
    The following apply
    Bring your own bicycle
    Bicycles to hire
    Bicycle set trails
    Bicycle - free to explore
    Bring your own quad bike
    Quad bikes to hire
    Quad bike set trails
    Quad bikes – free to explore
    Bring your own off-road motorcycle
    Off-road motorcycles to hire
    Off-road motorcycle set trails
    Off-road motorcycle – free to explore
    4x4 vehicle set trails
    4x4 vehicle – free to explore
Bladsy Statistieke
6331 besigtings sedert 10 Jun, 2013.
Laas opgedateer op 03 Dec, 2018.