Besoek die Forty Winks selfsorg eenhede in die pragtige Kamberg Vallei,die hart van vlieg hengel (“fly fishing”) bestemmings in Natal se nuwe Springrove Dam in die Kwazulu Natal Midlands.

Die 143 hektaar plaas is geleë op die Kamberg pad, ongeveer 9.2 km vanaf Rosetta,en is 'n plek wat rus bied, maar ook baie om te doen en te sien.

Jy behoort al die inligting wat jy benodig op hierdie webwerf te vind, maar moet asseblief nie huiwer om te bel as daar iets anders is wat jy wil vra nie.

Ons hoop om jou gou te sien, geniet jou verblyf!

Akkommodasie

Twee huisies, semi-losstaande, met:

  • Afsonderlike opritte en ingange
  • Elk met twee slaapkamers, een slaapkamer het twee enkel beddens en die voorste kamer het 'n koningin grootte bed
  • Volle familie badkamer en aparte gaste toilet,
  • Oop-plan kombuis, eetkamer en sitkamer
  • Sitkamer met kaggel
  • Onder-vloerse verhitting regdeur
  • Toeganklikheid vir gestremdes en rolstoel vriendelik
  • TV met beperkte kanale (M-Net, SAUK 1,2 & 3, film en sport kanale)
  • Beperkte gratis Wifi
  • Vir verlengde verblyf kan huisies gediens word vir 'n addisionele fooi.


Die twee huisies kan saamgevoeg word as een huis en ‘n maksimum van 8 gaste kan geakkommodeer word, of wanneer saamgevoeg kan die  twee huisies  ‘n maksimum van 4 gaste elk akkommodeer. Ons akkommodeer nie ekstra persone op matrasse nie. Die vollengte voorstoep kyk uit oor ons twee forel damme en die sentrale Drakensberge.

Doen asseblief navraag oor ons nuwe eksklusiewe wittebrood suite, ruim huis, privaat geleë met ‘n volle uitsig.

Jammer geen troeteldiere, geen motorfietse / vierwiel motorfietse “quad bikes” en geen gemotoriseerde bote of jetski's word toegelaat op die dam nie

 

Dinge om te doen:

Wildlewe

Op die plaas kry jy blesbokke, rooihartbeeste, duikers  (een is met die hand grootgemaak en hou van piesangs), oribi, zebra, swart wildebeeste en rietbokke.Soms kan 'n mens 'n ystervark en jakkalse sien, veral in die nag.

Vir die voël-entoesiaste word ons besoek deur visarende & aasvoëls, inwonende rooiborsjakkalsvoëls, uile, watervoëls en, as jy gelukkig genoeg is, kan jy 'n sekretarisvoël sien.

VERSIGTIG! Wilde diere is gevaarlik en moet nie genader word nie, ons vra dat jy asseblief nie inmeng met die natuurlewe nie. Die diere kan in hulle natuurlik habitat gesien word terwyl jy by die dam is. Die zebras kan mak lyk omdat hulle altyd om die huise kuier,maar moenie geflous word nie, hou asseblief jou afstand.

Neem asseblief kennis: Absoluut geen jag word toegelaat nie.

Visvang

Twee goed toegeruste foreldamme, beide met reënboog & bruin forel. Die damme word jaarliks gebruik in Kamberg Vlieghengel Fees.

Stok fooi per dag, slegs vang en laat gaan( R100 per dag per persoon). Net etiese vlieg hengel, “float tubes” toelaatbaar.

Met tyd, so is ons vertel, sal daar sal klein- mond bas en forel beskikbaar in die Springrove Dam wees.

 

Staproetes

Die Kamberg Natuur Reservaat is 30 minute vanaf die plaas, daar is 'n groot staptoer om van die beste boesman tekeninge te sien. Hulle het begeleide staptoere twee of drie keer per dag en 'n klein restaurant met skons, muffins en geroosterde toebroodjies. Hulle het ook 'n klein teater waar hulle 'n dokumentêre program oor die Boesman & Setlaars wys in hierdie gebied, met meer inligting oor die boesman tekeninge. Dit is 'n goeie dag se uitstappie vir ons besoekers wat langer bly en opsoek is na 'n daguitstappie [sluit webwerf in]

Jy is welkom om op enige plek op die plaas te stap, ons moedig gewoonlik besoekers aan om die Inchbraekie waterval te gaan besoek, die enigste waterval op die Mooirivier wat oorvloed sal word deur die nuwe Springrove Dam.

 

Watersport

Klein boot wat geneem kan word op ons dam.

Swem in die somer.

In die nabye toekoms glo ons jy sal in staat wees om toegang te verkry tot die Springrove Dam van die plaas af as jy jou eie paddle ski of ander nie-gemotoriseerde roei toerusting het.

 

Bergfiets(“Mountain Bike”) ry

Op die eiendom (8km van plaaspad) en omgewing.

 

4x4 Paaie

Ons het ongeveer 8km se grondpaaie en moedig gaste aan om dit te gebruik met net 4x4 voertuie.

Fasiliteite
  • grootwild
  • afstandbeheer sekuriteit
  • braai
  • braai - kommunale
  • DSTV in eenheid
  • internet fasiliteite
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kragopwekker
  • meer (minder as 5km)
  • meer op die terrein
  • mikrogolf (sommige eenhede)
  • mikrogolf in eenheid
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • nie gediens
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • rotskuns (minder as 20km)
  • skottelgoedwasser
  • skottelgoedwasser (sommige eenhede)
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kamer (nie-satelliet)
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • wi-fi / hotspot

Rigting aanwysings

VANAF JOHANNESBURG:

N3 van Johannesburg, neem die Mooirivier-afrit by die tolplaza.

Draai regs oor die snelweg tot by die T-aansluiting. (One Stop Wimpy voor jou.)

Draai links by die T-aansluiting op R 103 en gaan voort op die pad tot by Rosetta.

Op Rosetta draai regs op die Kamberg pad. (Oorkant die winkel Ugly Duckling)

Ry oor 'n enkel brug en hou links as die pad vurk.

Ry 9.2km tot op die top van die heuwel. ‘n landmerk op regs sal 'n teken Cozy Flames wees. Net 300 meter verby Cozy Flames is ons indraai pad aan die linkerkant met die teken”'Forty Winks”.


Twee lang baksteen pilare en ’n metaal hek.



AANWYSINGS VANAF DURBAN:

Neem die N3 vanaf Durban. Draai af by die Nottingham Road afrit voor Mooirivier. Draai regs by die T-aansluiting en ry in die rigting Nottingham Road.


By die 3 - rigting stop draai regs en ry onder die treinbrug deur die dorp van Nottingham Road totdat jy Rosetta.

Draai links op die Kamberg Road. (Landmerk aan die regterkant is die Ugly Duckling winkel)


Sodra op die Kamberg Road volg die aanwysings soos hierbo.


GPS KOORDINATE

29 * 19 '33' S; 29 * 54 '02'E

-29,325833 29,900556