Idilliese kothuis in die hart van Nottingham Road - Gestig 2002 -

Devonshire Cottage is ‘n bekoorlike plattenlandse kothuis, geleë in ‘n private tuin in die skilderagtige Nottingham Road dorpie. Gerieflik en luuks, hierdie selfsorg-eenheid is ‘n populêre keuse vir egpare en gesinne wat vir die perfekte wegbreekplek soek.

Die plattelandse kombuis is behoorlik toegerus met ‘n gas-elektriese oond en stoof, mikrogolfoond, sowel as ‘n yskas met ‘n vrieskas afdeling. Die eenheid is toegerus met silwerskoon beddegoed, handdoeke en DSTV. Gaste kan gebruik maak van die elektriese komberse en kaggel gedurende die koue winterdae.

Devonshire Cottage is naby aan meeste van die Meander trou-venues, kroeë, legendariese koffiewinkels, bistros en restaurante. Met toegang tot verskillende Midlands Meander roetes, sal hierdie unieke wegbreekplek jou oortuig om oor en oor terug te keer. Geleë aan die buitewyke van die klein Notties dorpie, is die kothuis reg langs Country Market wat loopafstand is vir ontbyt, middagete of sommer net ‘n koppie koffie.

BoschHoek en Gowrie gholfbane is net om die draai, sowel as beroemde trout-damme vir die wat wil visvang en onglooflike Dag Spas as jy lus is om jouself te bederf. Daar is populêre roetes in die area vir fietsry en staptogte, tot selfs ‘n rit in ‘n warmlugballon kan gereël word. Vir die kinders is daar putt-putt, perdry, ‘zip-line adventures’en ‘miniature train rides’in die omgewing. Die kothuis is deel van die ‘snow belt’... nou en dan sneeu dit in die omliggende gebiede, soms selfs in die tuin van die kothuis.

Geniet ‘n ‘sundowner’ op die stoep, of ‘n sherry langs die snoesige kaggel. Ontspan in die platteland.

2 slaapkamers, slaapplek vir 5
Hoofslaapkamer: dubbelbed
Captain’s Cabin: dubbelbed met ‘n enkelbed boaan
Luukse Victoriaanse bad
Weber braai op buite patio
Troeteldiere indien gereël – daar is ‘n Arabiese perd, Taimo, op die eiendom wat lief is vir appels!

Verskafte Geriewe: Veilige parkering – 1 parkering onderdak, 1 parkering buite / vuurmaakhout / tee en koffie / komberse / kerslig bad luukshede

Opsionele Ekstras: Skoonmaakdiens: R200 per dag / Gevriesde etes / Wasgoeddiens (klere) / Charcoal en firelighters *Versoek asseblief vooruit