Geniet ‘n wegkomkans in die pragtige KZN se middelande met vistas van groen valleie naby die Drakensberg. Crags Cottage spog ‘n asemrowende uitsig oor die nuwe Spring Grove dam en Giant’s Castle in die agtergrond.

Gelee in ‘n stil, veilige omgewing, die kothuis akkommodeer 4 persone in 2 slaapkamers. Hoof slapkamer het ‘n dubbelbed. Die tweede slapkamer het ‘n enkel bed met ‘n stapelbed bo. ‘n vyfde persoon kan op ‘n dagbed in die sitkamer slaap. Twee badkamers met stort, wasbak en toilet beide ensuite. Tenvolle toegerusde kombuis, met stoof, mikrgolfoond, yskas/vrieskas kombinasie, sitkamer met ‘n vuurherd, TV (Easy View kanale), eetkamer, onderdak parkering, groot stoep met draagbare braai.

‘n Groot verskeidenheid voels is te sien op die perseel. Afdraende padjie bring jou na die viswaters van die dam wat forel en bass bevat. 

Dinge om te doen: Midlands meander, groot verskeidenheid van kuns, handwerk en dekor winkels, ontspannings aktiwiteite en eetplekke sal jou besig hou gedurende jou verblyf. Giant’s castle, Kamberg en High Moor natuur reservate is nie ver van Crags Cottage af nie. 

Fasiliteite
  • braai
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • meer op die terrein
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • visvang op die terrein
  • wasmasjien in eenheid