BushGlam Luxury Holiday Home het drie moderne slaapkamers, twee van die beste kwaliteit badkamers, ruim woonkamers, eetgebied en 'n ten volle toegeruste kombuis.

Buite is die volmaakte plek om te ontspan - hier kan u die privaat swembad en ses-sitplek spuitbad geniet. (nie verwarm nie)

Die grondvloer spog met 'n voortreflike oopplan woongebied. 'n Groengetinte, verruklike, fynproewer se kombuis toegerus met al die modernste apparate. Langsaan is die oopplan eetkamer, 'n doelgemaakte hout-eettafel met moderne, gerieflike stoele. 'n Kleurskema van aardse bruin en sprankelende groen verbind die binne-woongebied met die tuin. Die binne- en buitekant smelt nog meer saam as die voudeure na die skaduryke stoep oopgemaak word.  

Die grondvloer het twee slaapkamers wat die beste kwaliteit badkamer deel. Slaapkamer 1 het 'n koningin-grootte bed met uitsig op die Japanese Zen-rotstuin.
Slaapkamer 2 is toegerus met 2 enkelbeddens. Beide slaapkamers het ingeboude kaste, hoë kwaliteit matrasse, beddegoed en afwerking. Die badkamer het dubbel wasbakke, dubbel-reën stort agter raamlose glaspanele, toilet en hoë kwaliteit toerusting.

Die boonste vloer het ook 'n woonkamer met 'n rooi muur, afgewerk met persoonlike kuns-idees, gemaklike sitplekke onder die hoë grasdak. Hierdie vertrek het 'n uitsig oor die boomtoppe en 'n gedeelte van Drakensberg.

Die boonste hoofslaapkamer het 'n ekstra lang konings-grootte bed en lei na die balkon met sy pragtige bos-uitsig. Die hoof-badkamer is privaat, met 'n raamlose glasstort en het ook dubbel-reën storte. 'n Moderne losstaande bad, dubbel wasbakke en hoë kwaliteit toerusting.

Die Zen tuin is 'n luukse, weelderige, ontspannenende onthaal-gebied. Hier kan u die groot swembad met die aparte 6-sitplek spuitbad geniet, met sonbeddens op die houtdek, gerieflike sitplek onder die skaduryke stoep en buite braaigebied. Dit alles maak die tuin die volmaakte plek om te ontspan, af te skakel en net die omgewing te geniet.


Algemeen:

  • 'n Hoë kwaliteit AA gewaarborgde vakansieverblyf
  • 'n Groot swembad met ses-sitplek spuitbad (nie verwarm nie)
  • Drie slaapkamers
  • 2 Badkamers
  • Losstaande bad
  • Bos- en berg-uitsig
  • Geleë op 'n beskutte landgoed
  • Naby aan wêreld erkende, privaat wildreservate en die Nasionale Krugerpark
  • Drie kwaliteit restaurante en die Summer Spa, binne loop-afstand

Woon, eet, kombuis

  • Vol toegeruste kombuis
  • Wasmasjien en skottelgoedwasser
  • 6 Plaat gasstof en 'n elektriese oond
  • Hifi sisteem toegerus vir cd, mp3 en USB
  • Lessenaar vir 'n rekenaar
  • ADSL breëband Wi-Fi internet, ingesluit in die tarief

 
Buitekant

  • Swembad met ses-sitplek spuitbad (nie verwarm nie)
  • Buite woonkamer-sitplek
  • Sonbeddens op houtdek
  • Geboude braaiplek
  • Parkeerplek onder afdak

Tv Woonkamer (Boonste vloer)

  • Platskerm Tv met satelliet-kanale (DSTV)
  • DVD-speler
  • Plafonwaaier
  • Balkon met uitsig oor die tuin en bos

Hoofslaapkamer met eie badkamer (boonste vloer)

  • Ekstra lang konings-grootte bed
  • Lugsorg met verkoelings-aparaat vir die hele boonste vloer
  • Ingeboude hangkas
  • Eie badkamer met alleenstaande bad, dubbel-reënstort, dubbel wasbakke en toilet
  • Haardroër
  • Balkon met uitsig oor die tuin en bos

Tweede slaapkamer (Grondvloer)

  • Konings-grootte bed
  • Ingeboude hangkas
  • Waaier
  • Tuin-uitsig

Badkamer (grondvloer)

  • Dubbel reënstort, dubbel wasbakke en toilet
  • Haardroër

Derde Slaapkamer (Grondvloer)

  • 2 Enkelbeddens
  • Ingeboude hangkas
  • Waaier

 
Diens vir Bush Glam sluit in

  • Kwaliteit linne en handdoeke word voorsien
  • Swembad-diens
  • Tuindiens
  • Skoonmaakdiens
  • 'n Lys met 'n padkaart van aktiwiteite en restaurante is in die huis beskikbaar en ook per e-pos

Die Hoedspruit-omgewing bied wonderlike wild-ondervindings en uitstekende wild-kyk in die rustige en natuurlike prag van die Afrika-bosveld.

Of u nou 'n adrenalien-verslaafde, 'n wild- en voël-entoesias, 'n gholfspeler, of enige ander wegbreker is, verken die baie skilderagtige plekke soos die wêreldbekende Kruger Nasionalepark, Panorama-roete, groot 5 safari-ritte en nog baie meer.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Superior Accommodation
Fasiliteite
  • DVD speler
  • buite swembad
  • DSTV
  • DSTV in kommunale gebied
  • geen rook in die huis nie
  • grootwild (minder as 30 km)
  • internet fasiliteite
  • kluis
  • lughawe (34kms)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • Op aanvraag bedien
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private swembad (sommige eenhede)
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasmasjien in eenheid
  • wasmasjien op die terrein
  • wifi

Rigting aanwysings
Vanaf Johannesburg
Neem die N4 na Witbank
Neem die R540-afrit na Belfast
Vanaf Belfast, ry na Dullstroom - Lydenburg (Mashushaing) - Ohrigstad (R36)
Ry deur die Strijdomtonnel na Hoedspruit (R527)
Net duskant Hoedspruit by die 3-rigting-stop, draai regs na 'Raptor's View Estate'
Draai onmiddelik links na die heel linkerhandse valhek toe Ry binne na 'Raptors Wild Life Escape'
Ry na nommer 55, langs die bos van 'Raptor's View Estate'

Vanaf Nelspruit
Volg die R40 (Noord) Witrivier - Hazy View - Bosbokrand - Acorn Hoek - Klaserie
Draai regs by die "R40 Hoedspruit" padteken
Vanaf die R40, draai links na Hoedspruit, oor die brug en reguit deur die dorp
By die 3 rigting-stop, draai regs na 'Raptor's View Estate'
Draai onmiddelik links na die heel linkerhandse valhek toe
Ry binne na 'Raptors Wild Life Escape'
Ry na nommer 55, langs die bos van 'Raptor's View Estate'