Get it on Google Play
E-Pos Bespreking / Navraag Wys Tariewe
English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Bazley Beach, South Coast, Kwazulu Natal
Kontak : Carli Gillingwater
Sel : +27-72-7837003

Bazley Cottage is geleë in Bazley Beach, 'n uur se ry vanaf Durban op die KwaZulu-Natalse Suidkus. Die kothuis is in 'n stil baai, 'n bietjie weg van die gebaande weë. Dit spog met 'n pragtige uitsig oor die see uit die sitkamer en kamers en is slegs 'n vinnige een-minuut se stap na die strand. Walvisse en dolfyne word gereeld gesien, en in Junie en Julie “loop” die sardientjies. Dit maak dit noodsaaklik dat jy jou verkyker bring om van nader te sien. Strande is stil en skoon, ideaal vir wandeling en lui sonnige dae. Die rotspoele is aanloklik vir groot en klein. Ifafa lagune is 'n moet. Dit is 'n baie aktiewe bas visvang area met 'n goed toegeruste dam naby (Tucker’s Bass Fishing), met geleenthede vir die hele gesin.

Die Kothuis is ten volle selfsorg en kan 8 volwassenes en 4 kinders akkommodeer. Dit het vier groot slaapkamers, drie en-suite, en een met sy eie privaat badkamer. Al die badkamers spog met beide storte en baddens. Bad handdoeke word voorsien. Daar is 3 slaapkamers met dubbel beddens en 1 kamer met 'n dubbel bed en twee dubbel stapelbeddens. Al die kamers het 'n pragtige uitsig oor die see. Onder is 'n groot oopplan sitkamer, kroeg, eetkamer en kombuis wat almal oopmaak op 'n buite patio met ‘n swembad (splash pool).  Daar is 'n aparte sitkamer met ‘n TV. Dit is liefdevol toegerus vir jou gemak en ontspanning. Die kombuis is ten volle toegerus met twee groot yskaste / vrieskas, elektriese stoof top en oond, mikrogolf, skottelgoed wasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kamers is almal toegerus met waaiers. Satelliet-televisie is beskikbaar (Bring jou eie slimkaart). Daar is 'n Weber braai, buite stort en afstand beheerde dubbel motorhuis.

Daar is 'n skoonmaker, wat op die perseel woon, beskikbaar om die huis skoon te maak, en indien nodig, om na kinders te kyk.

Die huis het 'n alarmstelsel en gewapende reaksie sekuriteit.

Ons het 'n keuse van gholfbane in die omgewing en Scottburgh, ons naaste dorp, is 20 minute se ry weg. Hier sal jy restaurante, winkels en teaters vind.

Kom ontspan in suiwer gerief en neem die wonderlike vars seelug in.

FASILITEITE

  • Slaapkamers: 4
  • Badkamers: 4
  • Badkamers en- suite: 3 + 1 privaat
  • Baddens: 4
  • Storte: 4
  • Toilette: 5
  • Beddens: 8 (4 dubbel, 2  dubbel afslaan beddens)
  • See uitsig: ja
  • TV: ja
  • DStv: ja
  • Mikrogolf: ja
  • Tuimeldroër: ja
  • Wasmasjien: ja
  • Skottelgoedwasser: ja
  • Yskas / vrieskas: ja
  • Swembad: ja met net
  • Braai: Webber
  • Waaiers in kamer: 4, een in elke slaapkamer
  • Kinders:Ja onder toesig by swembad
  • Posisie: Bazley, naby die see
  • Geskik vir rolstoele: nee
  • Geskik vir kleuters: ja onder toesig by swembad
  • Motorhuis: dubbel
  • Alarm: ja Afstand beheerde hek: nee
  • Bediende: ja - woon in
  • Duvets met slope: ja
    • Lakens & kussingslope verskaf: ja
Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • braai
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • Golf (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kroegyskas
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • private swembad
  • reptielpark (minder as 20km)
  • skottelgoedwasser
  • strand (absoluut op die strand)
  • strand (minder as 500 m)
  • tuimeldroĆ«r in eenheid
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk op die terrein
  • wasmasjien in eenheid
  • wildritte (minder as 30 km)

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Bazley Cottage sleeps max. 8 adults and 5 kids (Slaap 12) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - koningin
    • Slaapkamer 3 - koningin
    • Slaapkamer 4 - koningin
    • Slaapkamer 5 - stapelbed, stapelbed
  • Spesiale KategorieĆ«
  • Meer As 10 Gaste Verblyf
Bladsy Statistieke
90130 besigtings sedert 29 Jul, 2008.
Laas opgedateer op 21 Aug, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 11 years