Get it on Google Play

Aan de WegEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings

Aan de Weg
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 12 Madelief Street
Blomtuin
Cape Town
Western Cape
South Africa
Kontak : Esther Eefting
Sel : 083-5853802

Hierdie nuwe selfsorg-kothuis het twee slaapkamers vir 4 persone. 'n Slaapbank in die woongebied vir 'n addisionele persoon. 'n Oopplan-woongebied met 'n ten volle toegeruste kombuis. 'n Badkamer met stort (geen bad nie). Sedert die opening van hierdie kothuis in Desember 2014 was al die kommentare net positief.
Alles is nuut en die beddens is eksta lank (2m) en van goeie gehalte. Die gaste is beïndruk met die skoon en netjiese hut.

Parkering op terrein. Weekliks word skoon beddegoed voorsien, maar vir die res is dit ten volle selfsorg.

Die kothuis is gerieflik in Blomtuin, Bellville geleë. 30 Minute se reistyd vanaf Kaapstad se middestad, asook vanaf Paarl en slegs 20 minute weg van Kaapstad se Internasionale-lughawe. Die N1 en R300 deurpaaie is naby vir gerieflike toegang tot die omgewing. Stellenbosch is 'n skamele 25 minute vêr. Die naby geleë strande, inkopie-sentrums, hospitale en sommige van die bekende wynroetes van die Wes-Kaap maak van AAN DE WEG die ideale basis vir vakansiegangers en sakemanne.

Ons gaste geniet die nabyheid van die normale geriewe en vermake wat groot stede bied, alhoewel die kothuis en omgewing rustig en vreedsaam is. Spar, OK-kruideniers, 'n apteek en Woolworths is in die onmiddellike omgewing vir al u nodige behoeftes en verversings.

Geen rook word binne die gebou toegelaat nie. U is welkom om buite te rook.
TV en Wi-Fi is beskikbaar.
Braaigeriewe op versoek.

Geriewe naby:

  • Kaapstad Internasionale Lughawe - 20 min
  • Wassery - 3 km
  • Inkopiesentrums - 2 km
  • Restaurante - 3 km
  • Stikland en Brackenfell Industrial - 5 min
  • Verskillende hospitale - 10 tot 20 min
  • Paarl - 20 min
  • Stellenbosch - 25 min
  • Tafelberg - 35 min
  • V&A Waterfront - 30 min
  • Strande - 30 min

Rigting aanwysings

AANWYSINGS:
Vanaf die N1:

  • Neem die Old Oak Road (afrit 25)
  • Draai regs by die verkeerslig in Old Oak Road
  • Draai regs by die volgende verkeerslig in Suikerbossiestraat
  • Ry dan reguit tot oor die bult. Op die afdraand, draai dan regs in die eerste pad, Madeliefiestraat
  • Ons is nou aan die regterkant, Madeliefiestraat No. 12 ('n siersteengebou)

From the N1: (Paarl na Kaapstad)

  • Neem die Brackenfell Boulevard-afrit (afrit 28)
  • By die verkeerslig draai regs in Brackenfell Boulevard
  • By die tweede verkeerslig draai regs in Frans Conradie
  • Volg hierdie pad tot by die aansluiting by Old Oak Road
  • Anderkant hierdie aansluiting (Frans Conradie word nou Suikerbossie), ry nog verder tot oor die bult. Op die afdraand, draai dan regs in die eerste pad, Madeliefiestraat
  • Ons is nou aan die regterkant, Madeliefiestraat No. 12 ('n siersteengebou)

Vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe:

  • Vanaf die lughawe neem die N2 na Somerset-Wes
  • Draai dan op die R300 na Bellville
  • Neem die Brackenfell afrit (Afrit 29)
  • By die verkeerslig, draai links in Old Oak Road
  • By die eerste verkeerslig, draai links in Suikerbossie
  • Ry dan reguit tot oor die bult. Op die afdraand, draai dan regs in die eerste pad, Madeliefiestraat
  • Ons is nou aan die regterkant, Madeliefiestraat No. 12 ('n siersteengebou)
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • Dutch
  • English
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Aan de Weg (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
Bladsy Statistieke
8009 besigtings sedert 05 May, 2015.
Laas opgedateer op 31 May, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 4 years