Salted Fynbos Staying bied selfsorgverblyf met asemrowende panoramiese see-uitsigte in Franskraal, Gaansbaai in die Wes-Kaap se Overberg/Walviskus.
Die huis met 'n ideale ligging, reg teen die see, met die volgende:
Geen troeteldiere nie. Geen rook word binne toegelaat nie, slegs buite en/of op balkon.
Bedlinne en Badhanddoeke word voorsien.
'n Eenmalige skoonmaakdiens van R500 word met elke bespreking gehef.
Franskraal, aan die kant van die 'The Danger Point Peninsula', is 'n pretensielose outydse dorp.
Franskraal het 'n lang sandstrand wat die punt van Uilskraal Reservaat kruis, 'n bekende voël-versamelpunt. Net langs die eerste ry huise van Franskraal, is die ingang na 'n klein, maar ou Melkhout-woud. Hierdie "Melkhoutbos-staproete" is oop vir die publiek. Dit is 'n sirkelroete van 2 kilometer en dit neem omtrent 'n uur om te voltooi.
Daar is 'n historiese juweeltjie aan die waterkant van Franskraal. Dit is 'n klein museum, in privaat besit, met die grootste versameling van skatte wat herwin is vanaf die HMT Birkenhead, wat naby Danger Point gestrand het. Daar is nog baie ander historiese items.
Binne 'n 10km radius is die volgende:
In 'n 100km radius, pragtige terrein-besigtiging met historiese terreine en natuurlik, die wynroetes wat verken kan word.
Franskraal Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Franskraal Sleeps 10 or More Accommodation • Franskraal Interesting Place Accommodation • Franskraal Self Catering Accommodation • Gansbaai Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Gansbaai Sleeps 10 or More Accommodation • Gansbaai Interesting Place Accommodation • Gansbaai Self Catering Accommodation • Van Dyks Bay Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Van Dyks Bay Sleeps 10 or More Accommodation • Van Dyks Bay Interesting Place Accommodation • Van Dyks Bay Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!