Bly Plekke Logo

Omaheke

OorsigVerblyf
A visit to a leopard farm, provides a unique opportunity to get up close & personal to these majestic, but otherwise elusive creatures  © BernhardFotoAlbum, License

Omaheke

Namibië is verdeel in 14 streke en een van hulle is die Omaheke-streek. Hierdie streek is geleë in die Oostelike deel van die land. Alhoewel dit 'n groot streek is, het Omaheke nie 'n groot bevolking nie. Dit vorm deel van die Oostelike grens van Namibië in die Westelike verlenging van die Kalahariwoestyn. Die naam Omaheke is afgelei van die Herero woord wat Sandveld beteken. 'n Groot deel van die streek word steeds die Sandveld genoem. Die twee woorde wat hierdie reeks die beste kan beskryf is plase en wild. Gobabis, hoofstad van die streek het ongeveer 800 plase wat die rede is waarom boerdery een van die sleutel-industrieë van die streek is.

Omaheke grens aan Botswana aan die Ooste (sowel as 3 ander Namibieë-streke, nl Hardap, Kahomas en Otjozondjupa). Sy oop grasvlaktes bied ideale geleenthede om na wild te kyk. Hierdie grasvlakte is die rede vir die baie wildplase in die gebied en ook Safaris, wat meegehelp het tot Namibië se groeiende toeriste-industrie. Dit is ook belangrik om kennis te neem dat hierdie streek die hoof jag-gebied van die land is. Baie plase in die streek is betrokke by wildbewaring soos die 'Harnas-Leeu, Luiperd en Jagluiperd-plaas' wat 'n opvoedkundige, sowel as 'n opwindende ondervinding bied. Die Noord-Oostelike deel van Omaheke is nog hoofsaaklik 'n wildernis en besoekers reis dikwels met die lang moeilike paaie om nagte in die oopveld te slaap, omring met die pragtige, wilde Kalahari-tonele. Een van die belangrikste plekke wat die toeriste in hierdie gebied besoek, is die kultuur-dorpies, veral as hul op pad is na die Etosha Nasionalepark.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 0 van 0 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Omaheke Verblyf en Inligting. Omaheke, Omaheke.
WTS App Browser