Cherry Tree Cottage bied gaste aan Waverley in Bloemfontein met selfsorgverblyf in 'n welige, rustige omgewing.
Hierdie huislike grasdakwoning spog met 'n versorgde subtropiese tuin met onderdakparkeerplek.
Voëllewe is volop in die tuin en die geluid van duiwe kan gehoor word soos die aand val.
Cherry tree cottages bestaan uit 5 tuinkamers en 1 gesinseenheid wat uit 2 kamers bestaan.
Al ons kamers is en suite (bad met stort). Slegs kamer 5, die wittebroodsoet, is oopplan met 'n privaat toilet.
Die kamers bevat die volgende: yskas, mikrogolfoond, koffie-teeskinkbord en kabel-TV.
Die ideale tuiste-verblyf vir sakereisigers of vakansiegangers.
As jy privaatheid soek, 'n ware huisgevoel wat rustig, skoon, gemaklik en uniek is, dan is Cherry Tree die plek vir jou.
Vanaf die N1 neem die R700 uitgang.
Ry verder vir 5.5km op Eeufeesweg na die voorstad Bayswater.
Ry halfpad om die sirkel en draai dan links in Milnerweg. (Baysvillage-inkopiesentrum is dan aan u regterkant).
Ry verby die verkeerslig en draai dan links in die tweede straat, Yorkstraat.
Ry dan verder tot weer by die tweede straat en draai daar regs in Peter Crescent.
Ons is bo-op die bult, Peter Crescent 12A.
Ons sien daarna uit om u te ontmoet.

Bloemfontein Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Bloemfontein Room Only / Limited SC Accommodation • Bloemfontein Self Catering Accommodation • Waverley, Bloemfontein Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Waverley, Bloemfontein Room Only / Limited SC Accommodation • Waverley, Bloemfontein Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!