La Mouette no.4 - 'n Baie gewilde, skoon, ruim, pragtige en luukse selfsorg woonstel met 2 slaapkamers en 2 badkamers (akkommodasie vir 6 persone), met 'n pragtige uitsig oor die see. Veilige toesluit parkering, besoekers parkering asook sleepwa parkering fasiliteite met afstand beheerde toegang tot die perseel. Het ‘n kok se braai op ‘n massiewe stoep met ‘n briljante uitsig oor die see. Sluit ook in ‘n tuimeldroër, volle DSTV pakket in sitkamer en hoofslaapkamer, en binne loop afstand van 2 strande.
Stap afstand van Manaba & Uvongo en Margate strande met gewilde visvang piers. 150m Vanaf see swembad, dolfyn en walvis besigtiging vanaf patio, interessante African Diving adventures, en moenie vergeet van ons wêreld beroemde jaarlikse sardienloop nie.
'n Wye verskeidenheid winkels is binne loop afstand en sal voorsiening maak vir al jou vakansie behoeftes en 'n polsende naglewe is beskikbaar vir diegene wat lus voel “to dance the night away”. Indien jy die geluksgodin wil toets, die Wildekus Casino is 'n blote 30 km se ry weg. Met vinnige toegang en sentraal geleë van alle ontspanning, vermaak, wildreservate, winkelsentrums, reisdienste, restaurante, daaglikse boot en visvang, krokodilplaas en sportfasiliteite op die Suidkus van KwaZulu Natal. Baie gholfbane binne 10 minute se ry - almal bekend vir hul gasvryheid. 45 Minute se ry vanaf Durban Internasionale Lughawe langs die pragtige warm en sonnige Suid-Afrikaanse Indiese Oseaan.
Wat jy ook al kies, eko-avontuur, die uitstekende reuk van die see, ontspannende gholf, die rustige klank van brekende golwe, voëlkyk, kuns en kunsvlyt, of geniet bloot ‘n vakansie vol son, La Mouette nommer 4 sal jou verblyf 'n onvergeetlike ervaring maak.
Uvongo Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Uvongo Conference Venue Accommodation • Uvongo Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!