Wyford plaas is geleë in 'n mooi bergagtige gebied, net af van Van Reenen’s-pas (N3) en het 'n ryk geskiedenis. Die plaas is gebou in die 1870's as 'n Handelspos (Trading Store) op die roete tussen Johannesburg en Durban. Dit is nou 'n klein werkende plaas met vleisbeeste, skape en perde wat besoekers mee kan tyd spandeer en geniet. Ons is ongeveer 40 km vanaf Ladysmith of Harrismith en dag-uitstappies is moontlik na Slagvelde en oorde in die noorde van die berg.
Ons bied gerieflike akkommodasie in 5 aparte en private selfsorg eenhede. Elkeen het sy eie braaiplek en tuin en word daagliks gediens. Wifi is beskikbaar in sommige eenhede. Troeteldiere kan gewoonlik op aanvraag geakkommodeer word.
Poplar Kothuis (Tipe A eenheid) Die kothuis kyk uit op 'n dam en het 'n omheinde tuin. Die eenheid het ’n slaapkamer met 'n dubbelbed en ‘n en-suite badkamer met ‘n stort. Dan is daar 'n tweede slaapkamer met 2 enkel beddens en 'n tweede badkamer met ‘n bad. Bo in die solder is daar 2 enkel beddens en 'n dubbel slaapbank. Die leefarea is groot en sluit in ‘n goed toegeruste kombuis, eetkamer en sitkamer met 'n kaggel. Daar is 'n onderdak braai area in die tuin en 'n motor afdak. Die kothuis het 'n televisiestel en 'n satelliet skottel maar u moet u eie dekodeerder en kaart bring.
Aloe Kothuis (Tipe B eenheid) Die eenheid kan 5 persone akkommodeer en het 'n koningin bed en 'n enkelbed in die groot solder en 2 enkel beddens in die slaapkamer op die grondvloer. Daar is 'n badkamer, toegerus met ‘n stort, en die leef- area het 'n kaggel en ‘n goed toegeruste kombuis, eetkamer en sitkamer. Die ruim stoep het 'n pragtige uitsig oor die berge en daar is 'n onderdak braai in die omheinde tuin asook ‘n motor afdak. Die kothuis is toegerus met 'n televisiestel met ‘n satelliet skottel maar bring asseblief u eie dekodeerder en kaart.
Die Garden Kothuis (Tipe C eenheid) Hierdie is 'n klein, knus eenheid in 'n omheinde tuin. Dit is 'n bed- sitter soort eenheid met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in dieselfde kamer met 'n eet- hoekie, kaggel en ‘n televisie aan die een kant en 'n kombuis aan die ander. Die aparte badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is 'n draagbare braai in die tuin en 'n motor-afdak asook 'n sateliet- skottel, maar bring asseblief u eie dekodeerder en kaart.
Jacaranda Kothuis (Tipe D eenheid) Hierdie is 'n klein bed sitter huisie met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in die woonkamer met 'n kaggel in die een hoek, sit- area en eetkamer tafel. Daar is 'n TV en 'n satelliet skottel vir DSTV, maar bring asseblief u eie dekodeerder en smart kaart. Daar is 'n klein kombuisie wat toegerus is met ‘n mikrogolf, mini stoof, yskas, ketel, broodrooster ens. Dit kyk uit oor 'n plaasdam en het 'n braaiplek in die tuin. Die aparte badkamer het 'n stort.
Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, maar bring asseblief u eie swem- handdoeke. TV is beskikbaar met SAUK kanale 1, 2, 3, en E-TV, drie van die huisies het satelliet skottels - sien hierbo, maar bring u eie dekodeerder en kaart. Ons het goeie selfoon ontvangs. Daar is restaurante in die gebied, sowat 9 km vanaf Wyford. Neem asseblief kennis dat ons 42 km vanaf óf Ladysmith of Harrismith is, so dit is beter om u voorrade saam te bring.
Vanaf Johannesburg / Harrismith op die N3 neem kennis van die Halfway Caltex Garage aan die linkerkant in Van Reenen en gaan voort op die N3 in die rigting van Ladysmith vir 9 km en u sal dan ons bruin aanwysingsborde sien. Die ingang is reg oorkant die Piramides Motel (voorheen Andrews Motel), draai links op die plaaspad en onmiddellik weer links en ry vir 1, 8 km verby een huis en stalle aan die linkerkant en gaan voort tot die einde van die pad wat u na die hoofhuis sal bring waar u dan verder ingerig sal word in u huisie.
Vanaf Durban / Ladysmith óf op die N3 of R103 reis 'n verdere 15 km na die Tugela-tolhek en volg aanwysings tekens na Wyford, oorkant die Piramides Motel (voorheen Andrews Motel’) en gaan voort soos hierbo aangedui.
GPS Koördinate
29 25 35 E
28 24 37 S
Vanaf Johannesburg / Harrismith op die N3 neem kennis van die Halfway Caltex Garage aan die linkerkant in Van Reenen en gaan voort op die N3 in die rigting van Ladysmith vir 9 km en u sal dan ons bruin aanwysingsborde sien. Die ingang is reg oorkant die Piramides Motel (voorheen Andrews Motel), draai links op die plaaspad en onmiddellik weer links en ry vir 1, 8 km verby een huis en stalle aan die linkerkant en gaan voort tot die einde van die pad wat u na die hoofhuis sal bring waar u dan verder ingerig sal word in u huisie.
Vanaf Durban / Ladysmith óf op die N3 of R103 reis 'n verdere 15 km na die Tugela-tolhek en volg aanwysings tekens na Wyford, oorkant die Piramides Motel (voorheen Andrews Motel’) en gaan voort soos hierbo aangedui.
GPS Koördinate
29 25 35 E
28 24 37 S
Van Reenen Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Van Reenen Gasteplaas Akkommodasie • Van Reenen Troeteldier-vriendelike Akkommodasie • Van Reenen Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf • Van Reenen Meer As 10 Gaste Verblyf • Van Reenen Interesante Blyplekke • Van Reenen Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!