Kaapstad Akkommodasie

»

Strand Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Strand

Wavecrest 1004English

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 27 Beach Road / 27 Kusweg
Strand
Cape Town
Western Cape
South Africa
Kontak : Corrie du Toit
Plaaslike Tel : 021-8512963
INT Tel : +27-21-8512963
Sel : 076-5081646

‘n Onberispelike wooneenheid op die tiende vloer, reg op die strandfront geleë, met skouspelagtige uitsig na alle kante. Hiervandaan verwonder jy jou aan die kom en gaan van die getye in Valsbaai, sien jy die son wegsink in die see of agter die berge van die Kaapse Skiereiland, hou jy die hengelaars langs die kuslyn na Gordonsbaai dop, of verlustig jy jou in die bergreekse van Hottentotsholland en Helderberg.

Die eenheid is besonder goed ontwerp, met twee ruim slaapkamers, elkeen met ‘n dubbelbed en vensters wat na twee kante pragtige uitsig bied op die see sowel as die berge. Daar is ook twee afsonderlike badkamers, ‘n ten volle toegeruste kombuis en ‘n gerieflike oopplan sit- en eetkamer wat uitloop op ‘n ruim seefront balkon met asemrowende uitsig op Valsbaai en die berge aan weerskante. Die gebou se sekuriteit is uitstekend en sluit die toesluitmotorhuis in.

Wavecrest is uitstekend geleë, hetsy vir vakansie of besigheid. Slegs 20 minute se ry van die Kaapse Internasionale Lughawe en 30 minute van Kaapstad self met al sy opwindende besienswaardighede, insluitend die manjifieke Tafelberg, polsende Waterfront, wêreldbekende bootvaarte na Robbeneiland, skilderagtige roetes na Houtbaai se seekosrestaurante en Kaappunt se Natuurreservaat,bied Wavecrest die perfekte basis vir daguitstappies na die Skiereiland en Boland.

Geleë in die natuurskoon van die Helderbergkom saam met die dorpe van Somerset-Wes en Gordonsbaai, spog die Strand nie net met kilometers sandstrande nie, maar ook eetplekke om die kieskeurigste fynproewer se smake te bevredig, inkopiesentrums, kunsmarkte en teetuine lê op sy drumpel. Dit grens ook aan die Kaapse Wynlande en wêreldbekende Stellenbosse Wynroete. Die bekoorlike historiese dorpe Stellenbosch en Franschhoek is ‘n skrale 20 and 55 km ver, en Hermanus - die “walvishoofstad” van SA - 70 km. Vir die buitelugentoesias is daar ‘n eindelose lys van doendinge moontlik binne minder as vyf tot tien kilometer. Natuurliefhebbers is feitlik in die hartjie van die Kaapse planteryk met sy magdom fynbosspesies (9600 spesies; die Skiereiland huisves 2285 spesies, meer as die Britse Eilande se 1492 plantspesies) - ‘n paradys vir voëlkykers en stappers.

Let asseblief op:

  • Minimum: 2 nagte verblyf
  • Maksimum: 4 persone
  • Dis ‘n nie-rook woonstel.

Geriewe:

  • Twee slaapkamers, elk met ‘n dubbelbed.
  • Twee badkamers.
  • Balkon met tafeltjie en stoele.
  • Eetkamer / sitkamer met vol DStv.
  • Beddegoed en handdoeke word voorsien. Bring eie strandhanddoeke.
  • Ten volle toegeruste kombuis (stoof met kookplate en oond, uitsuigwaaier, mikrogolfoond, yskas, ketel en broodrooster).
  • Wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser.
  • Toesluitmotorhuis binne sekuriteitsarea.
  • Swembad met braaigeriewe.
  • Geen troeteldiere in gebou toegelaat nie.

Aktiwiteite in omgewing

  • Skitterwit strande ideaal vir swem, stap en strandsport
  • Gholfbane (5 binne omtrek van 10km)
  • Hengel
  • Bootvaarte, sleephelling, seilbootverhuring, diepseehengel (minder as 5 km)
  • Perdry (minder as 5 km)
  • Walviskyk
  • Restaurante (5 minute stap of minder as 5 km)
  • Olimpiese standaard binneshuise swembad (5 minute stap)
  • Wynroete, natuurreservate, staproetes, skilderagtige roetes (minder as 10 tot 20 km)
Map
Rigting aanwysings
Van Kaapse Internasionale Lughawe neem die N2 na Somerset-Wes. Ongeveer 25 km verder, neem die Somerset- Wes/Strand afrit. Draai regs op Broadway/R44, ry na die vierde stel verkeersligte, draai regs in Kusweg. Volg dit al langs die seefront vir sowat 4.5 km tot by Wavecrest by Kusweg 27. Draai onmiddellik links in Weststraat; die ingang is ‘n paar meter verder aan die westekant van die gebou.
  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Wavecrest 1004 (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - dubbel
  • Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • films / teater (minder as 5km)
  • Golf (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mikrogolf in eenheid
  • restaurant (minder as 5km)
  • seiljag verhuur (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • strand (absoluut op die strand)
  • strand (minder as 500 m)
  • tuimeldroër
  • tuimeldroër in eenheid
  • visvang op die terrein
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid
Ander gelyste tipes en naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
34228 besigtings sedert 25 Jan, 2006.
Laas opgedateer op 19 Jan, 2018.