Waterhoek is geleë in die hart van die Midlands, 20km rivier-af van Mooirivier. Waterhoek het 6km rivierfront wat hengel die hele jaar bied. Daar is 2 kothuise: Heron en Barn. Waterhoek Plaas is ± 16 km vanaf Mooirivier en Treverton Skool en 20km van Weston Landboukollege. Die pad na die plaas is 'n grondpad en mense met 'n motor met ultra lae profiel wiele, moet baie stadig en versigtig ry.

Daar is 1 rustieke kothuis, Heron. Die huis is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolf en eetgerei. Duvets en een ekstra kombers word voorsien, bring asseblief handdoeke. Die chalet het sy eie braaiplek en vuurmaakhout word voorsien. 450 ha Rustige omgewing met 5km rivierfront. Vlieghengel in rivier en damme. Natuurlike wild en voël besigtiging.

Heron Kothuis

Heron is die grootste kothuis met 4 kamers, twee badkamers en 'n sentrale oopplan sitkamer, kombuis en eetkamer. Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n mikrogolf, stoof, yskas en eetgerei. Die uitleg is lank en reguit met ‘n uitsig oor 'n swembad in die rivier, 50m onder die kothuis. Elke kamer het 'n rivier uitsig.

Heron is gebou uit rots van die rivier en ‘n grasdak, alles is van die plaas. Daar is 'n kaggel in die sitkamer en 'n braaiplek buite. Akkommodasie uitleg, 1 kamer met 'n dubbelbed, 1 kamer met 'n dubbelbed en enkelbed, 2 kamers met 2 enkelbeddens in elke kamer. Daar is 2 badkamers, een met 'n stort en een met 'n bad. Die kombuis, eetkamer en sitkamer is oopplan. Die sitkamer het 'n groot kaggel en 'n TV met 'n DStv-pakket van Mnet, films en die sport kanale. Heron huisves 9 mense.

Ander aktiwiteite:

  • Daar is gholf by die Mooirivier-buiteklub.
  • Hengel die hele jaar, vir geelvis en kleinbekbas in die rivier. Grootbekswartbas word gevang in ons damme regdeur die jaar.
  • Daar is pragtige staproetes langs die rivier met baie voëllewe en wild.

Plaaslike toerisme-aantreklikhede:

  • Weenen wild reservaat is ootrent 40 minute se ry
  • Midlands Meander Giants Castle - 1 uur se ry
Fasiliteite
  • braai
  • DSTV in die kamer (bring card)
  • fully contained Kitchen
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • Voël kyk
  • yskas in eenheid

Rigting aanwysings

Vanaf die verkeersirkel in Mooirivier, neem Old Main Road to Estcourt (R103), ry 5,6km. Draai regs op die Middelrus grondpad (1300 meter). Draai regs op D54. Ry 5,8km. Draai links by die Waterhoek teken (naby klein dam). Ry 4km op die plaaspad, meer as 4 motorhekke tot aankoms by Waterhoek.