Jaco en Natasja Rabe verwelkom u by Vredekloof Accommodation,  die veiligste Verblyf in Brackenfell, met veilige parkering vir motors, busse en sleepwaentjies.

Vredekloof Sekuriteitsraad maak seker dat die sekuriteit van Vredekloof en ons verblyf van hoë gehalte is, met patrollies wat 24 uur per dag met motors, fietse en per voet gedoen word.

Die eiendom is 5 000m² en is geleë in die hart van Vredekloof, Brackenfell. Dit is omring met oop ruimtes en groot bome wat 'n groot verskeidenhed voëls lok.

Brackenfell Verblyf is 20 minute se reistyd vanaf Stellenbosch (aan die Suid-Ooste kant), Paarl (aan die Noord-Ooste kant) en Kaapstad se middestad (aan die Suid-Weste kant), met maklike toegang na al die hoofroetes.

Die nuwe Cape Gate Medi-Clinic en Cape Gate winkelsentrum is by ons voorstoep, binne slegs 5 minute se reistyd.

Verblyf

Plataan House (Alleenstaande)

  • Volle selfsorg
  • Geen rook in die eenhede nie
  • Maksimum 4 gaste
  • 2 Slaapkamers: 1 dubbelbed en 2 enkelbedjies
  • Ingeboude hangkaste in al die slaapkamers
  • Vol toegeruste kombuis met stoof, mikrogolfoond en groot yskas
  • Twee badkamers: Hoofslaapkamer met eie badkamer en 'n stort, 2de slaapkamer met vol badkamer.
  • 2 Platskerm Tv's: Een in woongebied en een in hoofslaapkamer.
  • Vol DSTV boeket: Beide Tv's is gekoppel aan die selfde DSTV-kanaal
  • Onderdak-parkering vir een voertuig by die eenheid
  • Baie meer parkeerplek binne ons afstand-beheerde, beskutte eiendom
  • Onderdak-braaigebied by die eenheid
  • WiFi
  • Lugsorg in woongebied en hoofslaapkamer
  • Cd-speler in eenheid
  • Baie speelplek vir kinders op die gras
  • Kinder-speelpark op die publieke oop spasie, net buite ons hoofingang
  • 'n Alarmsisteem is geïnstalleer

Geriewe in Plataan House

  • Handdoeke: Geborduurde wit badlaken, gesig- en hand-handdoek
  • Waslap: 'n wit waslap
  • Alle beddegoed
  • Koffie: Kaffeïenvry en gewoon met aankoms
  • Tee: keuse van tee met aankoms
  • Suiker: Wit, bruin & versoeters met aankoms
  • Warm sjokolade of Cappuccino: met aankoms
  • Melk: Vetvry met aankoms
  • Badkamer toiletware: stortjel, lyfroom, sjampoe, opknapper, Gliserine seep, sneesdoekies en stortkappie met aankoms. Vir die eenhede met 'n bad gee ons ook badkristalle met aankoms
  • Graankos vir die eerste oggend
  • Kamerjas: in elke kamer
  • Sjokolade: met aankoms
  • Vloeibare skottelgoedseep: met aankoms
  • Swart sakke: met aankoms
  • Toiletpapier: met aankoms
  • Haardroër: in elke eenheid
  • Hangers: in elke eenheid
  • Pen en skryfpapier: met aankoms

Tipiana Woonstel (grondvloer)

  • Ten volle selfsorg
  • Geen rook nie
  • 2 Persone maksimum
  • 1 Slaapkamer: 1 Konings-grootte bed
  • Ingeboude hangkaste in slaapkamer
  • Vol toegeruste kombuis met stoof, mikrogolfoond en groot yskas
  • Badkamers: Privaat badkamer met net 'n stort
  • Platskerm Tv in woongebied
  • Vol DSTV boeket
  • Baie parkeerplek binne ons afstandbeheerde, beskutte eiendom
  • Braaigebied onder groot bome by die eenheid
  • Wi-Fi
  • Lugsorg in woongebied en hoofslaapkamer
  • Baie speelplek vir kinders op die gras
  • Kinder-speelpark op die publieke oop spasie net buite ons hoofingang

Geriewe in Tipiana Woonstel

  • Handdoeke: Geborduurde wit badlaken, gesig- en hand-handdoek
  • Waslap: 'n wit waslap
  • Alle beddegoed
  • Koffie: Kaffeïenvry en gewoon met aankoms
  • Tee: keuse van tee met aankoms
  • Suiker: Wit, bruin & versoeters met aankoms
  • Warm sjokolade of Cappuccino: met aankoms
  • Melk: Vetvry met aankoms
  • Badkamer toiletware: stortjel, lyfroom, sjampoe, opknapper, Gliserine seep, sneesdoekies en stortkappie met aankoms
  • In eenhede met 'n bad, gee ons ook badkristalle met aankoms
  • Graankos vir die eerste oggend
  • Kamerjas: in elke kamer
  • Sjokolade: met aankoms
  • Vloeibare skottelgoedseep: met aankoms
  • Swart sakke: met aankoms
  • Toiletpapier: met aankoms
  • Haardroër: in elke eenheid
  • Hangers: in elke eenheid
  • Pen en skryfpapier: met aankoms


Huishouding kan gereël word met twee dae vooraf kennisgewing teen ekstra koste (sien tarief-bladsy)

Makadamia (1ste vloer)
Neem asseblief kennis: Ons Makadamia-eenheid is reeds vir hierdie jaar volbespreek en sal eers beskikbaar wees vanaf 1 Februarie 2018.

  • Selfsorg
  • 3 Kamers- 2 dubbelbeddens, een koningsgrootte bed
  • Geen rook binne die eenheid nie
  • Vol toegeruste kombuis
  • Ingeboude hangkas met hangers en rakke in al die kamers
  • Mikrogolfoond, stoof, ketel, groot yskas en eetgerei
  • Woonkamer
  • Eettafel
  • Braaigeriewe onder die bome van die eiendom
  • Platskerm Tv in woongebied - vol DSTV boeket in elke eenheid
  • Een badkamer - bad met aparte stort
  • Wi-Fi
  • Lugversorging
  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Tourism Grading - 4 Stars

Rigting aanwysings

GPS Koördinate:

S 33° 51.848'
E 18° 40.675'