Villa Zimbali is geleë in die eksklusiewe Strand Landgoed in Zimbali, wat bestaan uit die Strand Landgoed, Woud Landgoed en Gholf Landgoed, ongeveer 25 minute noord van Durban geleë. Zimbali is genestel tussen die see en woud, 'n natuurliefhebber se wonderland van staproetes, skouspelagtige voëllewe, inheemse woud, perdry, gholf en eindelose strande.

Villa Zimbali is 'n baie goed toegeruste “huis van die huis af”, ten volle gemeubileerd en word gediens om aan jou vakansie behoeftes te voorsien. Hierdie ruim woning bied nie net gerieflike akkommodasie, vrede en rustigheid nie, maar ook volledige privaatheid en onafhanklikheid, net die plek om 'n prettige vakansie in die son te geniet.

Akkommodasie

Villa Zimbali het 'n ontwerpers kombuis wat toegerus is met die beste kwaliteit toestelle vir selfsorg. Daar is 'n groot eetkamer area vir groot aandete funksies en 'n sitkamer, kompleet met 'n volle kroeg asook 'n buite onthaal area met 'n panoramiese uitsig oor die see. Daar is 'n aparte speelkamer met ‘n groot skerm TV en ‘n omring-klankstelsel (surround sound) vir DVD's en video’s, om die kinders besig te hou wanneer die weer nie ideaal is vir die strand nie.

Villa Zimbali is 'n vier-slaapkamer huis. 2 Kamers het koning en koningin grootte beddens, 1 het twee beddens en die ander het dubbel-stapelbeddens, vir 4 persone. Villa Zimbali kan gemaklik 10 mense akkommodeer. Die twee slaapkamers bo is en-suite en die twee onderste kamers deel 'n badkamer. Daar is ook 'n gaste badkamer. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die villa word gediens sodat jou vakansie kommervry en lui-lekker kan wees. Die villa bied  volledige satelliet-televisie in 'n gemaklike omgewing, met  hoë gehalte meubels, insluitende satyn en linne gordyne.

Jy kan die braai area geniet, met 'n pragtige uitsig oor die Indiese Oseaan, wat ideaal geskik is vir ontspan op die dek met 'n skemerkelkie, of opelug maaltye vir 'n braai.

Gaste het toegang tot die oord se privaat swembad, wat altyd glashelder is, en geleë is op die strand. Daar is ook 'n Kiosk vir ligte maaltye en 'n verskeidenheid van drankies. Villa Zimbali het ook sy eie sout water swembad, Koi Pond en buite onthaal area asook 'n sauna. Beheerde toegang tot die strand is ongeveer 50 m van die villa. Die Villa is ten volle lugversorg vir die warm somermaande.

Fasiliteite

  • Lughawe pendeldiens
  • Babba (kinder) oppas diens
  • Kroeg, mengeldrankie sitkamer
  • Strand (minder as 50m)
  • Braai - op die perseel
  • Motorhuur (minder as 20km)
  • Casino (minder as 10km)
  • Konferensie fasiliteite op die landgoed
  • Skottelgoedwasser op die perseel
  • DStv in kommunale gebied
  • DStv in kamer
  • Gym (minder as 3 km )
  • Perdry op die landgoed
  • Kombuis (volledig toegerus)
  • ‘n Meer op landgoed
  • Lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • Lewendige vermaak op die landgoed
  • Mediese geriewe (minder as 3 km)
  • Mikrogolf in eenheid
  • Natuur roete (minder as 2 km)
  • Natuur roete  op gholflandgoed
  • Buite swembad
  • Parkering op perseel
  • Privaat vliegveld (minder as 25km)
  • Privaat ingang, radio in kamer
  • Restaurant (minder as 500 m)
  • Restaurant op landgoed
  • Tee / koffie fasiliteite
  • Yskas / Water en Ysmaker
  • Tennisbaan (minder as 3 km)
  • Tennisbaan op landgoed
  • Tuimeldroër in eenheid
  • Wasmasjien in eenheid
Fasiliteite
  • bergfietsry
  • gemeenskaplike swembad
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • buite swembad
  • buite swembadjie
  • DSTV
  • fietsroetes
  • gediens
  • gholf op die terrein
  • internet fasiliteite
  • lughawe oordragte
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer op die terrein
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuurroete op die terrein
  • netflix
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • op gholflandgoed
  • parkering op die terrein
  • restaurant op die perseel
  • spa-geriewe
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • toesluit motorhuis
  • tuimeldroër in eenheid
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid