'n Stukkie paradys by die strand.

Valdi's se Beach Cottage is geleë, in die baai van St Helenabaai, 'n gewilde toeriste-bestemming, veral gedurende die lente se blomseisoen.

Met slegs 10meters weg van die strand het hierdie strandhuis 'n pragtige uitsig oor die see.

Valdi's Beach Cottage is 'n selfsorg-eenheid met 3 slaapkamers. 1ste slaapkamer het 'n koningings-grootte bed, 2de slaapkamer het 'n dubbebed en die 3de slaapkamer het twee stapelbeddens vir kinders. Die kothuis het twee badkamers, beide met storte en een met 'n bad.

Daar is 'n oopplan kombuis/woonvertrek. Ook 'n eetgebied met 'n uitsig op die see. Daar is 'n binne-huise braaiplek vir die kouer aande en 'n braaier buite.

Valdi's Beach Cottage het volle DSTV, lugversorging en 'n alarm.

Valdi's Beach Cottage is in 'n baie stil en vriendelike woonbuurt geleë. Daar is twee baie gewilde restaurante in die omgewing. 'n Spar/Tops drankwinkel en 'n OK- Minimark is beskikbaar vir benodigdhede. Die naaste dorp, Vredenburg, met 'n inkopiesentrum, is slegs 15minute se reistyd weg vir ander benodigdhede.

Baie naby ons is ook die sonderlinge dorpies by Paternoster, Jacobsbaai en Langebaan. Die omgewing is bekend vir kayak-roei, hengel, walviskyk, duik, swem, voël-kyk en ook vir die prag van die blomme in Augustus/September.

In die winter word snoek in ons sonderlinge hawe gevang. Dit word dan 'n warboel van aktiviteite wanneer snoek direk van die bote af gekoop kan word.

St Helenabaai is  veral in Augustus en September baie gewild wanneer die suidsee- en boggelrug-walvisse in die baai inkom om te kalf. Hierdie gebeurtenis kan van die strand af waargeneem word.

U kan hier 'n ideale, ontspanne tyd saam met u vriende tydens 'n braai geniet, of geniet 'n glasie wyn gedurende sonsondergang en aandskemering.

Daar is pragtige wit strande vir lekker lang wandelinge. Die strand is ook veilig vir kinders van alle ouderdomme.

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai (sommige eenhede)
  • dakwaaiers
  • DSTV (premie)
  • DSTV in eenheid
  • DSTV in kommunale gebied
  • grootwild (minder as 30 km)
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • lugversorging in sitkamer
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private vliegveld (minder as 15km)
  • restaurant (minder as 5km)
  • stoof in eenheid
  • strand (absoluut op die strand)
  • strand (minder as 500 m)
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
  • visvang (minder as 10 km)
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wasmasjien in eenheid
  • wheelchair friendly
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)