Geleë in die skilderagtige noordelike KwaZulu-Natal; Pongolapoortdam. Umziki Chalets kan gevind word op die Jozini Game Ranch wat saam met Hlambanyathi Wild reservaat deel uitmaak van die familie Senekal se eiendom met 'n totale oppervlakte van 15 000 ha, wat 'n verskeidenheid van habitat tipes insluit, diere spesies en rekord voël spesies.

Daar is sewe grasdak chalets, met twee, drie en vier bed opsies en kan tot 23 gaste akkommodeer. Al die chalets is lugverkoeld en het en-suite badkamers. Linne, eetgerei, breekware en huishoudelike dienste word alles voorsien. 'n Sentrale kombuis, lapa en swembad maak voorsiening vir ontspannings doeleindes.

Daar is self-bestuur 4x4 roetes deur die wildsplaas of bring alternatiewelik  jou bergfiets of vierwielmotorfiets en kyk wat jy kan sien.

Boot-huur kan gereël word met ons suster kamp Nkonkoni Fishing Camp as tier-visvang jou spel is, of bring jou eie boot.

Wildritte in Hlambanyathi Wild reservaat kan gereël word vir ons gaste.

Daar is 'n opsie van ‘n verversings diens as jy nie lus voel om jou eie maaltye voor te berei nie.

Al wat jy hoef te doen wanneer jy by Umziki arriveer is om uit te pak, jou voete op te sit en die ervaring te geniet.

Umziki Chalets is sentraal geposisioneer vir baie gesogte bestemmings. 'n Mens kan 'n daguitstappie na Swaziland neem of gaan soutwater vlieghengel by Kosibaai ..... Die opsies is eindeloos, met 'n paar KZN wildparke en Maputaland juwele wat wag om ontdek te word, alles  binne 'n redelike ry-afstand.

Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • grootwild (minder as 30 km)
  • jag (minder as 30 km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kombuis kommunale
  • konferensie lokaal
  • lughawe oordragte
  • lugversorger (alle eenhede)
  • tee / koffie fasiliteite
  • visvang (minder as 3 km)
  • wasgeriewe
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wildritte (minder as 30 km)

Rigting aanwysings

GPS-koƶrdinate
S 27 32. 811
O 03158. 218