Treetops Guesthouse

Gastehuis Akkommodasie In Walmer

The Treetops Guesthouse is geleë in Walmer, die pragtige tuin voorstad van Port Elizabeth. Treetops bied 'n verskeidenheid van bekostigbare ruim akkommodasie in Port Elizabeth, vir oorsese toeriste, familie groepe of besigheid besoeke, om by jou spesifieke behoeftes te pas. Elkeen van ons 10 gastehuis kamers het hul eie privaat ingang en almal het en-suite badkamers. Alle kamers is toegerus met ‘n kroegyskas, mikrogolfoond en breekware en eetgerei. Ingesluit is komplimentêre tee, koffie en koekies. Wi-Fi is gratis  beskikbaar in al die kamers en elke kamer het 'n besigheid lessenaar waarvan gewerk kan word. Daar is 'n groot verskeidenheid DSTV kanale om van te kies. Ons het veilige parkering op die perseel vir al ons gaste.

Ons is sentraal geleë aan al Port Elizabeth se snelweë en is naby (0.50km) aan  PE lughawe. Indien nodig bied ons 'n gratis pendeldiens na en van die lughawe, maar slegs indien vooraf gereël. Ons is 10-minute se ry van die Port Elizabeth strand en die Boardwalk Casino kompleks. Talle restaurante en kroeë is binne maklike bereik van Treetops Gastehuis. 

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Tourism Grading - 3 Stars