The Potting Shed bied 2 selfsorgwoonstelle in Hermanus in die Wes-Kaap.
Kyk en luister na die see vanuit ons selfsorg-woonstel in 'n rustige, see-aansig, moderne kompleks met 24 uur sekuriteit. Die pragtige kusdorp in die Wes-Kaap is slegs 'n uur en 'n half weg van Kaapstad se middestad en een uur van die Internasionale Lughawe.
Whale Rock Estate in Tobago Baai, Hermanus het 'n verstommende uitsig oor Walkerbaai. Die Suidelike Noorkapper walvisse word dikwels reg voor u, langs die rotsagtige kus gesien as hul deur die see breek en die sproei in die lug blaas.
Ons bied 2 woonstelle, wat 2de ry terug van die see is - in 'n kompleks met 24 uur sekuriteit. Almal het ten volle toegeruste oopplan-kombuis, badkamer met stort en bad, WiFi-internet en beddegoed word voorsien. Een woonstel het skottelgoedwasser en Netflix - die ander het wasmasjien en DSTV (Kompakte pakket). Muurbalbaan & swembad in die kompleks, braaigebied buite by die swembad, parkeerplek vir elke eenheid, voetpad na die strand (omtrent 80m vanaf die stoep), 1 km na die nuwe hawe, 2 seekos-restaurante & kantien, 3km na middedorp, 5km na Hermanus se gholfbaan.
Geniet die volgende: kajak-roei, kyk na walvisse, waag haaihok-duik, gaan proe wyn, ry quad-fietse, doen "tree top slides", berg- & krans wandelpaaie, voëlkyk en strande.
Neem Asseblief Kennis: Meld aan by die gastehuis in Albertynstraat met aankoms.
Hermanus Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Hermanus Self Catering Accommodation • Hermanus Area Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Hermanus Area Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!