Summerhouse is geleë in ‘n hoë residensiele voorstad in Ballito en bied fantastiese see-uitsig en ‘n baie gemaklike leefstyl.

Slegs 600m van die strand en binne 1km van uitstekende restautante en winkels, bied die huis groot toeganklikheid.

Vier van die slaapkamers het en-suite badkamers en daar is ‘n aparte gaste toilet. Al vier hierdie slaapkamers het koningin grootte beddens en ‘n vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die huis is ten volle toegerus, met ‘n fantastiese kombuis, perfek vir kook met ‘n uitsig oor die see!

Daar is ‘n formele sitkamer asook twee informele sitkamers / sit areas. Daar is ‘n groot swembad met ‘n spuitfontein (let wel dat die swembad geen veiligheidsnet het nie) Die huis het DSTV en onbeperkte WI-FI. Parkering vir 2 voertuie in die dubbel motorhuis, plus spasie vir ‘n klein voeruig agter die afstandbeheerde motorhek.

Die hoofslaapkamer het ‘n dubbel stort, bad en toilet asook ‘n privaat buite area met stoele waar die sonsopkoms oor die see geniet kan word.

Daar is ‘n groot uitsig area aan die bokant van die huis wat 180 grade see-uitsig bied. Die hoofslaapkamer en gesinskamer, sowel as die sitkamer en gang na die boonste slaapkamers het lugversorging en alle ander vertrekke waaiers.

Die huis het ‘n ingeboude braai area en ‘n Weber braai. Daar is by die swembad 2 lê banke en meubels.

Alle linne word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke bring.

Die huis is in ‘n baie stil omgewing en is nie geskik vir partytjies aangesien dit en harde musiek verbode is.

Summerhouse is ontwerp om jou die geleentheid te gee om te ontspan – perfek vir groot groepe en families.

Fasiliteite
  • Braai / Barbeque facilities
  • buite swembad
  • DSTV
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • Op aanvraag bedien
  • parkering op die terrein
  • skottelgoedwasser (sommige eenhede)
  • tee / koffie fasiliteite
  • toesluit motorhuis
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid
  • wasmasjien op die terrein
  • wifi