South Shore Beach Apartment

Selfsorg Vakansie Woonstelle In Vis Hoek

'n Vol, toegeruste tweeslaapkamer-, selfsorg-duplekswoonstel, geleë in 'n beskutte kompleks, met 'n gemeenskaplike swembad en aangewysde parkeerplek. Dit is binne loopafstand vanaf die strand, restaurante en winkels.

Die woonstel bestaan uit: Boonste verdieping - Woongebied met Tv en 'n balkon met braaiplek. 'n Vol toegeruste koffiekroeg, 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die hoofslaapkamer met 'n koningins-grootte bed, hangkaste, spieëltafel en haardroër. 'n Badkamer met 'n bad en 'n stort.

Grondvloer - woongebied met 'n slaapbank (slaapplek vir 2), TV en DVD-speler. Eettafel met 6 sitplekke. 'n Goed toegeruste kombuis met 'n kroegblad en stoele. Dit het ook 'n ys/vrieskas, stoof en skottelgoedwasser. 'n Slaapkamer met twee enkelbeddens en hangkaste. 'n Badkamer met 'n stort.

Handdoeke en bedlinne word voorsien. (behalwe swemhanddoeke)

Geen rook word binne die gebou toegelaat nie. DSTV is beskikbaar.

5 Minute se stap na die strand, met sy pragtige wit sand vir wandelinge en veilige swemplek, terwyl u ook 'n koppie koffie of 'n ligte maaltyd geniet. Binne twee of drie blokke is die spoorwegstasie, restaurante, winkels, toeriste-inligtingsentrum en sportgeriewe - absoluut alles wat u nodig het vir 'n rustige vakansie.

Alternatiewelik kan u slegs 'n paar kilometer na die historiese dorp, Simonstad of na Kalkbaai ry, waar seekos volop is - of besoek die goed bekende 'Brass Bell'-restaurante. Dit is ook nie ver na Kaapstad met sy prag en aanloklikhede nie. Nog vele ander binne 100 km afstand.

Fasiliteite
  • braai
  • DSTV in eenheid
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mikrogolf in eenheid
  • restaurant (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • tuimeldroĆ«r in eenheid
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid