Elke eenheid is 'n gerieflike, praktiese woonstel met slaapplek vir 5 persone. Elkeen het 'n indrukwekkende see-uitsig en is slegs 'n hanetree weg van die strand. Twee slaapkamers, een met 'n dubbel- en 'n enkelbed, die ander met net 'n dubbelbed. 'n Toegeruste oopplan kombuis met 'n groot ys/vrieskas, 'n 4-plaat stoof/oond, mikrogolfoond ens.. 'n Mini boeket DSTV, binne- óf buite braaier en 'n plaspoel skets die prentjie.

Die strand, met sy rowwe Weskus-skoonheid, strek al die pad tot waar die Olifantsrivier in die see invloei, 'n gebied wat ryk is aan voëllewe.  Rotsagtige kranse ontmoet die see aan die Suidekant, tussen die Doringbaai-ligtoring en Strandfontein. Omtrent 90 minute weg van Kaapstad is Strandfontein, 'n rustige wegbreekplek gedurende die jaar, 'n uitstekende rusplek in Namakwaland se blomseisoen. Verseker, ook 'n plek met bedrywige vakansiegangers gedurende Desember.

  • Indrukwekkende see-uitsig.
  • 'n Hanetree vanaf die strand.
  • Eie braaigeriewe.
  • Toegeruste kombuis.
  • Gesinsgrootte ys/vriekas.
  • Twee slaapkamers.
  • Ouderwetse koffiehuis binne loopafstand.
  • Veilig, vredevol en kalm vir sielerus.
  • 90 Minute vanaf Kaapstad.
  • Lewensredders gedurende vakansies en lang naweke aan diens.

Geen troeteldiere en geen rokery nie.

Fasiliteite
  • bergfietsry
  • buite swembad
  • buite swembadjie
  • DSTV in kommunale gebied
  • fietsroetes
  • kaggel
  • strand (minder as 500 m)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)