Seester akkommodasie is 'n ruim dubbelverdieping huis wat teen die strand in die vissersdorpie Lambertsbaai geleë is. Hierdie selfsorghuis kan 6 mense gerieflik akkommodeer. Gaste kan die gebruis van die branders van die see van hul voorstoep af geniet.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 volledige badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en hulle deel 'n badkamer. Die kombuis is volledig toegerus met ‘n wasmasjien en droeër. Die sitkamer is ruim met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv Compact pakket-kanale. Daar is 'n ingeboude braai in die sitkamer en ook 2 braai-areas buite.

Seester akkommodasie het ook 'n toesluitmotorhuis. Ons is net 2.5 ure se ry van Kaapstad af, dus is ons die ideale bestemming vir 'n vakansie of 'n naweekwegbreek. Behalwe vir al die besienswaardighede in en om Lambertsbaai, soos kreefduik, visvang, walviskyk en die voël-eiland, is ons ook in die wêreldbekende blomme-mekka, Namakwaland, geleë.

Fasiliteite
  • braai
  • DSTV in eenheid
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kroegyskas
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • restaurant (minder as 5km)
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • toesluit motorhuis
  • tuimeldroĆ«r
  • visvang (minder as 3 km)
  • wasmasjien op die terrein