Bly Plekke Logo

Pretoria - Tshwane

OorsigVerblyf
Jacaranda trees supply colour in abundance. Although not indigenous, it has become synonymous with Pretoria & hence the name, The Jacaranda City.  © Martie Swart , License

Pretoria - Tshwane

Die Groter Pretoria-gebied van Gauteng sluit die dorpe Centurion, Cullinan en Bronkhorstspruit, Pretoria en Babsfontein, saam met die omliggende gebiede in. Al die genoemde dorpe was eers onafhanklike munisipaliteite wat tans onder die nuwe Tshwane Distrik Munisipalitiet val. Groter Pretoria is geleë in die oorgangs-gebied, van hoëveld na bosveld. Hierdie gebied begin ongeveer halfpad tussen Johannesburg en Pretoria en strek vir omtrent 70km, beide in 'n Oostelike- en Westelike rigting vanaf Pretoria.

Pretoria is gestig in 1855 en vernoem na Andries Pretorius, 'n Voortrekker-leier. Die stad was die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek vanaf 1860 tot 1910, en toe weer die administratiewe hoofstad van die Unie van Suid-Afrika vanaf 1910 tot 1961. Daarna die hoofstad van die Republiek van Suid-Afrika vanaf 1961. Die stad is vol lane met Jakarandabome en is die tuiste van 'n groot getal Ambassades en Konsulate. Die pragtige Uniegebou is gebou bo-op 'n heuwel en kyk uit oor die stad. Dit is met goudkleurige klip gebou, met 'n Italiaanse teëldak. Pretoria is die tuiste van twee van die beste universiteite van Suid-Afrika. Na die Suid-Oostelike kant van Groter Pretoria lê die klein dorpie Bronkhorstspruit met sy uitgebreide winkelgeriewe. Net Noord van hierdie dorpie en naby KwaMhlanga is daar 'n tradisionele Ndebele dorp en museum. Dit is 'n ideale stilhouplek vir besoekers op pad na die oorde en wildreservate van Mpumalanga. Hier kan u voorbeelde sien van die tradisionele drag, kralewerk, vlegwerk en danse. Naby Bronkhorstspruit is die Willem Prinsloo Landbou museum, 'n informele museum met lewendige diere waar kinders plaasdiere en ou plaas-masjienerie en implimente kan sien. Demonstrasies van die maak van kerse, bak van brood, distilering asook die skeer van skape kan gesien word. Die Bronkhorstspruit-dam is 'n gewilde naweek aantrekkingskrag vir watersport-entoesiaste. Naby die dorp is ook die NanHua boeddhistempel.

Verder Noord in Groter Pretoria is die klein myndorpie Cullinan waar die wêreld se grootste diamant in 1905 gevind is. Maak seker om die Mc Hardy House Museum te besoek, ook die buitengewone klein restaurant Lacasa, in 'n 1905 huisie en ook die haarkapper-winkel. Toere na die diamantmyn word gereeld gehou en is 'n geleentheid wat u nie moet laat verbygaan nie.

Centurion is 'n moderne ontwikkelde dorp in Groter Pretoria en is geleë net Noord van Midrand (eens bekend as Halfweghuis, omdat dit presies in die middel tussen Johannesburg en Pretoria is). Hierdie dorp van Groter Pretoria het wye, oop spasies, parke en pragtige komersiële en industriële ontwikkelings. Een van Centurion se doelwitte is om in 'n tuinstad te ontwikkel. Net buite Centurion is die Zwartkop-Natuur-reservaat waar daar 'n 13km voetslaanroete langs die Hennopsrivier is.  Aan die een kant van die reservaat is die bekende Centurion-krieketveld. Die Suid-Afrikaanse Munt het sy nuwe fabriek in Centurion in 1992 ge-open, en is een van die mees modernste Munte in die wêreld. Begeleide toere is beskikbaar en dit neem ongeveer twee ure.

Daar is nog baie ander aantreklikheide in die Groter Pretoria-gebied. U kan in die middestad rondloop op 'n inkopie-sending in die oggend en 'n paar uur later kan u kyk na 'n trop olifante of 'n groepie leeus. 'n Klein entjie na die Weste, anderkant die Magaliesberg, lê Sun City met sy Casino en die aangrensende Lost City. In die middel van die gebied, aan die Suidelike kant van die stad is die Fonteine Ontspanningsoord waar u 'n tradisionale braaivleis kan hou, tennis op die publieke bane kan speel, swem of net ontspan. Die Fonteine lê op die oewer van die Apiesrivier en is die land se oudste natuur-reservaat. Pretoria word die Jakaranda-stad genoem, daarom moet u nie Pretoria in Oktober mis wanneer die strate in massas pers geklee is nie.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 23 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Pretoria - Tshwane Verblyf en Inligting. Pretoria - Tshwane, Gauteng.
WTS App Browser