Bly Plekke Logo

Transgariep & Goudvelde

OorsigVerblyf
By far the oldest town in the Transgariep & Goldfields region of the Free State is Philippolis, founded in 1823 by the London Missionary Society  © Andy Carter , License

Transgariep & Goudvelde

Die Transgariep en Goudvelde Streek van die Vrystaat word begrens in die Suide met die Oranjerivier en Gariepdam en in die Ooste, deur die Lesotho-grens en in die Weste, deur die Noordelike Provinsie se grens. Goudvelde dek die Noordelike helfte van hierdie Vrystaatse streek, maar dit was eers in 1938 toe goud in die streek ontdek is. Die goud is ontdek toe 'n boorgat op die plaas, St Helena, gesink is en 'n rif raakgeboor is wat in die Witwatersrand gemyn word. Die prospekteerders en myners het na hierdie streek gestroom wat toe bekend geword het as die Goudvelde. Gevolglik het baie verwante nywerhede en sakesentrums gevolg. Vandag is die Vrystaatse Goudvelde die enigste mededinger van Gauteng, en Welkom se inwoners geniet welvaart wat deur min ander in Suid-Afrika oortref word. Bokant die grond is die gebied ryk met sy uitgetrekte mielielande.

Die Transgariep is die Suidelike deel van hierdie gebied met sy groot en wye oop grasvlaktes. In die Suide word hierdie vlaktes gevoed deur die 2000 km Oranjerivier met sy oorsprong in die verre Noord-Ooste van Lesotho. Dit vloei om hierdie gebied en later in die Atlantiese Oseaan. In die Oranjerivier (hier genoem die Gariep) is die Gariepdam gebou, wat in 1972 ge-open is en bedek 36500 hektaar. Saam met 'n 11250 hektaar wildreservaat aan sy Noordelike oewer is hierdie die Vrystaat se grootste Natuur-reservaat.

Bloemfontein is die Hoofstad van die Vrystaat en die geregtelike hoofstad van Suid-Afrika. Bloemfontein se Tswana-naam is Mangaum wat beteken "Die plek van die gespikkelde kat", hierdie naam het in die ou tyd ontstaan toe luiperds en jagluiperds hierdie streek oorheers het. Bloemfontein se oorsprong dateer terug na 1840 toe 'n Voortrekkerboer, Johannes Brits, vir homself 'n huis langs 'n fontein, omring met blomme, gebou het. Bloemfontein is die tuiste van 'n groot aantal museums, insluitende die Nasionale Museum. Versprei oor hierdie pragtige stad, het die besoeker 'n groot keuse van wat om te doen. Die Vrystaat se Nasionale Botaniese tuin het meer as 400 variteite van inheemse flora.

Welkom is die tweede grootste stad in die Vrystaat, gestig in 1947 op die plaas, Welkom. Dit het 'n munisipaliteit geword in 1961 en 'n stad op 14 Februarie 1968, wat dit Suid-Afrika se nuutste stad maak. Welkom was beplan deur die voorsitter van Anglo-American en is 'n blommedorp met 'n sakekern wat rondom 'n sentrale plein gebou is, met meer as 'n miljoen bome wat aangeplant is. Die myne in en rondom Welkom is baie diep en die gevaar van oorstroming van die skagte is 'n groot bedreiging. Enorme hoeveelhede van brakagtige water moet elke dag na groot verdampingspanne uitgepomp word. Voël-lewe floreer op en om hierdie panne. Spesies sluit die Flaminke, die heilige Ibis, Egiptiese gans, Makoue, Vlei-uile en baie Seemeeue in. Van die water word vir huishoudelike gebruik ontsout.

By verre die oudste dorp in die Transgariep en Goudveld, is Philippolis, gestig in 1823 deur die Londonse Sendinggenootskap vir die ontwortelde Khoikhoi en San. Die strate van die dorp word versier met outydse Karoo-huisies, met negentien-eeuse voordeure en stoepe. Baie van hierdie huisies is tot nasionale monumente verklaar.

Die Kalkfonteindam-natuurreservaat in die Suid-Weste van die provinsie is een van die min damme met volop geelvis. Die grond rondom die dam is te klein vir wildlewe en die dam het 'n gewilde plek vir naweek piekniek-gangers, kampeerders en vissermanne, geword. Die reservaat is daagliks oop en besoekers kan ook daar kamp.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 10 van 10 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Transgariep & Goudvelde Verblyf en Inligting. Transgariep & Goudvelde, Vrystaat.
WTS App Browser