Bly Plekke Logo
Sedibeng - Suidelike Gauteng, Gauteng - Hanteer Direk, Betaal Minder
HawkiesZALicensehttp://maps.gstatic.com/mapfiles/api-3/images/mapcnt6.png

Sedibeng - Suidelike Gauteng

OorsigVerblyf
Wild Cosmos flowers, from the Vanderbijlpark area,  © Clarissa de Wet , License

Sedibeng - Suidelike Gauteng

Die Suidelike Gauteng-gebied sluit die dorpe Meyerton, Heidelberg en die staalproduserende dorpe Vereeniging en Vanderbijlpark en die omgewings in. Al die genoemde dorpe het eens hul eie munisipaliteite gehad, maar is nou verenig in die nuwe Suidelike Gauteng munisipaliteit. Die Vaalrivier is die provinsie se hoof-waterbron. Dit is die speelgrond vir watersport en domineer die gebied. Die Loch Vaal Opgaartenk is in 1922 gebou met 'n waterstelsel wat aan Suidelike Gauteng meer as 'n biljoen liter water per dag lewer.

Suidelike Gauteng se platteland word gedomineer deur die Suikerbosrand-Natuur-reservaat, geleë net Wes van Heidelberg. Suikerbosrand is 'n gebied van ongerepte hoëveld van oor die 13,000 hektaar. Dit is die tuiste van 'n groot verskeidenheid wildlewe en het 65km paaie. Daar is meer as 80km se staproetes wat almal duidelik gemerk is. Die besoekersentrum het ook 'n gehoorsaal waar daar gereelde besprekings en seminare gehou word.

Heidelberg is sowat 40 km buite Johannesburg en is in 1865 gestig. Die dorpis geleë waar twee wa-paaie gekruis het, die een, tussen Pretoria en Bloemfontein en die ander, tussen Potchefstroom en Durban. Daar is 'n Victorianse herehuis wat in 1906 gebou is, met die oorspronklike muurpapier nog steeds in die meeste van die kamers. Van belang vir die besoeker, is die Heidelberg motor-museum in die ou stasiegebou. Hierdie museum-versameling sluit baie ou en veteraan-motors in, ook verskillende soorte fietse en selfs formule 1 wedren-motors. Anders as die ander dorpe van die Witwatersrand en Suidelike Gauteng, het Vanderbijlpark nie sy ontstaan te danke aan goud nie, maar eerder aan die uitbreiding van die Yster en Staal Industrie van Suid-Afrika. Die dorp is langs die N1-snelweg van Johannesburg na Bloemfontein en die Kaap geleë. Dit maak die toegang tot baie Vrystaatse dorpe binne maklike bereik. Die dorp is ook op die oewers van die Vaalrivier geleë en daarom gasheer vir baie roei-regattas en naweek-sport.

Vereeniging is nog 'n dorp in Suidelike Gauteng wat nie sy oorsprong in die ontdekking van goud het nie, maar weens die ontdekking van steenkool in die omgewing (in 1878). Met een van die grootste steenkool-reserwes in Suid-Afrika, het die dorp een van die land se grootste verskaffers van elektrisiteit geword. Ook op die oewers van die Vaalrivier geleë, is Vereeniging baie na aan die Vaaldam wat 'n baie gewilde plek vir seilbote geword het. Naby die dorp Redan, is die terrein van die "Redan Rock Engravings", waar daar honderde sketse en tekeninge op die sandsteen-hange is. Beide steen- en yster-tydperk-implimente is in hierdie omgewing gevind. By die Leeukuil-Fossiel-terrein is fossiele van Grossoptoris, 'n plantspesie ouer as 300miljoen jaar gevind.

Besoekers moet nie na die Suidelike Gauteng-gebied kom sonder om die Vaal-kronkelpad te besoek nie. Dit is sowat 20 jaar gelede begin met die bedoeling om kuns en handwerk in die Suidelike Gauteng te bevorder. By verskeie stalletjies rondom Walkerville sal u baie voorbeelde van kuns- en handwerk vind. Daar is handgemaakte erdewerk, klipkuns, kleivoorwerpe, gekleurde glas en houtgekerfde produkte, skilderye, silwerware, linne, sepe en kerse, aromatiese olies, en muti-produkte, handgemaakte papier en doeke.

Suidelike Gauteng is 'n skatkis vol plekke van belang, van alle tipes kuns en handwerk, geskenkwinkels en versamelstukke. As dit u nie genoeg plesier verskaf nie, is daar nog altyd die Casino in Vanderbijlpark.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 7 van 7 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Sedibeng - Suidelike Gauteng Verblyf en Inligting. Sedibeng - Suidelike Gauteng, Gauteng.
WTS App Browser