Bly Plekke Logo

Overberg / Walvis-Kus

OorsigVerblyf

Overberg / Walvis-Kus

Net anderkant die berge en ongeveer 'n uur Oos van Kaapstad, lê die Kaap se mees jaloers-bewaarde geheim... Die Overberg, somtyds na verwys as die Walvis-Kus.

Die Overberg is die oorspronklike naam wat deur die Hollandse Koloniste gegee is om na die land te verwys wat Oos, anderkant die Hottentots-Hollandberge gelê het. Hierdie streek kan reg deur die jaar besoek word en is veral geskik vir strandvakansies. Sy speelgronde is die land en see, kindertuin van die Suidelike Noorkapper walvisse en 'n tuin van verrukking van sy skaars blom-tapisserie tot die wuiwende velde van graan en vrugteboorde.

Vir strandvakansies en om die son van Suid-Afrika te geniet, is Desember tot Februarie die beste tye om te besoek. Die besigste tyd is egter Desember, die tradisionele vakansietyd vir Suid-Afrikaners. 'n Stil tyd is Maart tot Mei wanneer die weer matig en die gebied relatief stil is. Vir die beste landgebasseerde walviskyk in die wêreld en die blomme-skouspel, is die beste tyd, Junie tot November, meer ideaal, veral Augustus en September.

Die Overberg geniet 'n middellandse klimaat met warm, droë somers en koel, nat winters. Die hoogtepunt van die somer is in Januarie, met 'n gemiddelde temperatuur van 15°C, die middel van winter, met gemiddelde temperature van 5°C tot 22°C.

Die beste landbasis walviskyk-terreine ter wêreld

Die aankoms van die walvisse by Overberg stuur 'n trilling deur die kus wanneer die rapporte van walvisse die massas lok om na die grootste soogdierskou op aarde te kom kyk. Die Overberg-kus vorm deel van die "MTN Cape Whale Route". Daar is vier soorte walvisse wat u moontlik kan sien, die Suidelike Noorkapper, die Boggelrug, die Potvis en die Moordvis (Orka-walvis).

Die walvisse kan langs die Overberg-kus gesien word, maar spesiale goeie uitsigpunte is langs Hermanus se Walkerbaai en by Koppie-Alleen in die De Hoop Natuurreservaat, die wêreld se mees belangrikste kalf- en paringsgebied.

By Hermanus is 'n 12km krans-pad wat van die beste land-terrein in die wêreld maak om na walvisse te kyk.

'n Rykdom van inheemse plante en diere.

Die verskeidenheid van die Overberg se natuur-omgewing loop hand-aan-hand met die toepaslike rykdom van die inheemse plante en diere.

Die Overberg is die hart van die bekende Kaapse blommestreek en alhoewel dit die kleinste plant-koningkryk in die wêreld is, het dit 'n verstommende 8500 variteite.

Van die beste fynbos-kolonies in die land word by Overberg gevind. Fynbos is die gewilde naam vir die plante van die struikvelde van die Wes-Kaap se winter-reëngebied. Alhoewel fynbos, is dit die mees skouspelagtigste gedurende die laat winter en lente, maar die streek het blomme reg deur die jaar om te geniet. Soortgelyke verskille van diere-spesies sluit baie soogdiere, voëls, reptiele, amfibieë, ongewerwelde diere en visse in.

Kos en Wyn

Besoekers aan die Overberg kan verwag om 'n uitstekende kusgebied met mooi strande, ouderwetse dorpies in 'n pragtige berg-omgewing te kry. Elke dorp en baie van die plase het goed bewaarde en historiese eienskappe, baie steeds gebruik in die alledaagse lewe. Persone geïntereseerd in kuns en handwerk sal 'n ryke verskeidenheid van inheemse handwerk en moderne kunswerke kry om van te kies, insluitende unieke handgemaakte artikels, soos dekoratiewe werk op waens en droë fynbos-rangskikkings. Daar is ook 'n verskeidenheid kunsgallerye, uitstalruimtes, pottebakkers-klub en kunsgroepe.

Die Overberg het sy eie tipe kookkuns ontwikkel en is bekend vir sy uitstekende seekos en tradisionele boerekos-geregte. Sy wynlande, baie met eie kelders, is oop vir besoekers om wyne te proe.  Van hulle produseer bekroonde wyne vir uitvoer en is gelys op die SAA-wynlys en dit word na Europa uitgevoer. Die wyne wissel van droë wit, tot die volronde, rooi wyne.

Die buitelug

Buitelug-liefhebbers het 'n groot verskeidenheid aktiwiteite om van te kies. Bontebok Nasionalepark, De Hoop Marine Reservaat en die Fernkloof-Natuurreservaat is net 'n paar van die baie Natuurreservate wat die moeite werd is om te besoek. Wandel en staproetes is beskikbaar, ook perderitte, bergfiets-ry en 4x4 roetes. Die meer dapperes kan u na groot withaaie in hulle eie omgewing gaan kyk in die veiligheid van 'n hok in die water. Vir die minder dapperes is daar altyd die plesier van visvang, swem, seil en altyd die potjie gholf...

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 36 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Overberg / Walvis-Kus Verblyf en Inligting. Overberg / Walvis-Kus, Wes-Kaap.
WTS App Browser