Bly Plekke Logo
Noordelike & Oostelike Vrystaat, Vrystaat - Hanteer Direk, Betaal Minder
PixelPirates

Noordelike & Oostelike Vrystaat

OorsigVerblyf
Another busy day....  © atishp, License

Noordelike & Oostelike Vrystaat

Die Noordelike & Oostelike Streke van die Vrystaat word begrens met die majestieuse Drakensberg en die Lesotho-grens in die ooste, en in die Noorde deur die Vaalrivier. In die verre Ooste van die streek, op die Lesotho-grens en gesetel aan die voet van die Maluti-berge is die 11,600 hektaar Golden Gates Highlands National Park. Waar sommige Nasionale parke bekend is vir hulle wild, is Goden Gate een wat veral bekend is vir sy natuurlike skoonheid, en kry sy naam van die glinsterende skakerings van goud wat die son oor die majestieuse sandsteen-hange van die berg strooi.

Net Noord van Golden Gate is die klein dorpie Bethlehem, met die bybelse betekenis van "Die huis van Brood", 'n baie gepaste naam vir die dorp wat in die hart van die land se koringproduksie is. In der waarheid is die hele Noordelike en Oostelike Vrystaat die mees belangrikste landbougebied, wat 'n groot presentasie van Suid-Afrika se mielies en koring produseer.

Die klein dorpie, Deneysville, was gestig in 1939 en sy bestaan is direk gekoppel aan die konstruksie van die Vaaldam wat in 1938 voltooi is.  Die 32,000 hektaar Vaaldam is die hoofbron van water vir die Witwatersrand en die dorpie het sy vroeë bestaan te danke daaraan dat dit die mees Suidelikste terminaal was vir BOAC se vliegboot-diens van Britanje na Suid-Afrika gedurende die 2de wêreldoorlog. Deneysville is 'n hoof bymekaarkom-plek vir watersport-entoesiaste. Dit het 4 jagklubs, boothandelaars, bootbou en -herstellers.

Reg op die grens tussen die Noordelike en Oostelike Vrystaat en Kwazulu-Natal is die dorp Harrismith. Gestig in 1849 aan die oewers van die Wilgerivier. Die dorp kry sy naam van Sir Harry Smith wat 'n goewerneur was van die plek wat nou bekend is as die Vrystaat. Harrysmith word maklik herken, as u deur die gebied reis, aan die groot platkruin-berg, die Platberg, wat net agter die dorp geleë is. Die dorp is die laaste voor die lang klim teen Van Reenenspas, waar die N3-snelweg deur die Drakensberg sny. Daar is baie tekens van die Anglo Boere-oorlog in die gebied.

In die mees Suidelike deel van die Noordelike en Oostelike streek, en geleë op die Hoogland se skilderagtige roete langs die Lesotho-grens, lê die klein dorpie, Hobhouse. Die dorp is op die oewers van die Leeurivier en is vernoem na die Anglo Boere-oorlog se Konsentrasiekamp-heldin, Emily Hobhouse. Hierdie kampvegter was so geskok met die toestande in die konsentrasiekampe dat sy 'n verpleeg- en welsynsorg tussen die boerevrouens begin het. Sy was so toegewyd aan haar nuwe roeping dat sy haar huwelik gekanselleer het - haar bruidsluier word vandag nog in Bloemfontein uitgestal.

'n Bietjie Noord van Hobhouse is die groeiende klein dorpie, Ladybrand, gestig in 1867. Ladybrand is geleë aan die voet van die Platberg-rug en is 'n belangrike administratiewe dorp in die koring- en sonneblom-gordel van die Vrystaat. Hier is baie mooi voorbeelde van sandsteen-agitektuur in die dorp, wat net 'n paar kilometer vanaf die Caledonbrug geleë is, die hoof-grenspos tussen Suid-Afrika en Lesotho.

Een van die mees belangrikste dorpe van die Noordelike en Oostelike streek van die Vrystaat is Kroonstad, wat volgens oorlewering, die onderskeiding het van een, van slegs 'n paar dorpe ter wêreld, wat vernoem is na 'n perd, Kroon, wat aan die die boereleier, Sarel Celliers behoort het. Kroonstad is sonder twyfel een van die mooiste dorpe van die Vrystaat en is 'n belangrike sentrum vir die produksie van mielies, koring, sonneblomm, vleis, melkprodukte en wol.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 38 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Noordelike & Oostelike Vrystaat Verblyf en Inligting. Noordelike & Oostelike Vrystaat, Vrystaat.
WTS App Browser