Bly Plekke Logo

Kruger National Park & Mopani

OorsigVerblyf
Majestic boabab tree.  © hyper7pro, License

Kruger National Park & Mopani

Die streek van die Limpopo wat bekend is as die Vallei van die Olifante strek vanaf die Paul-Krugerhek van die Nasionale Krugerpark, insluitende die gedeelte in die park na die Noorde van daardie hek en verder Noord, tot 'n lyn getrek vanaf die Pafurie-hek in die verre Noorde van die park, na Soekmekaar wat die lyn volg van die platorand na die Blyderivier-Canyon. Hierdie is die ware Laeveld, grootliks ongerep en vir honderde jare 'n groot gebied vol van die kragtige prag van Afrika se wildlewe. Die hele gebied is geïnkorporeer in die Gaza-Kruger-Gonarezhou Park, 'n grens-reservaat wat strek oor 35000km² en betrek Mozambiek, Zimbabwe en Suid-Afrika.

Mopani is nie net 'n skat van wildlewe nie, maar bied ook die pragtigste tonele van berge, riviere en damme. Ook 'n pragtige gesig is die vloei van groot troppe wildsbokke wat die groot oop vlaktes deurkruis. Hier kan groot troppe olifante gesien word, sowat 8000 in die Kruger Park, as ook troppe leeus wat maar net twee van die groot 5 is, maar wat almal hier gesien kan word. Dit is Afrika, waar groot getalle Mopani-bome die veld oorheers. In die Noorde word die Mopanie-bosveld onderbreek met dominansie van die Kremetart, die onderstebo-boom. Die berge in die Noorde is kleiner en verspreid oor die groot vlaktes. Na die Weste  is die meer dominerende Soutpansberg, terwyl die Drakensberg-Platorand ver na die Suid-Weste is. Op die vlaktes in die Noorde kan die skaarser boksoorte soos die eland, baster-gemsbok, tsessebe, njalas en die pragtige swart-witpens gesien word.

Aan die Oostekant van Mopani lê die Noordelike deel van die Nasionale Krugerpark. Hierdie deel van die Nasionale Krugerpark het verskeie ruskampe en die Noordelike deel is ruier as die Suidelike deel. Die ruskampe is minder en die afstand tussen hulle is groter, maar dit verander nie aan die prag van dit alles nie - inteendeel, dit maak die bosveld net meer wild en wonderlik. Die kampe in die Noordelike deel (Mopanie, Shingwedzi en Punda Maria) het almal vulstasies, maar verblyfgeriewe is minder luuks as sommige ander kampe in die Suide.

Hoedspruit is geleë in die Suidpunt van Mopani. Dit is die Hoof-Lugbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Hierdie pragtige, ongerepte deel van die vallei word omring met etlike groot privaat wildreservate - Balule, Klaserie, Timbavati en Thornybush, om 'n paar te noem. Hierde reservate grens aan die Nasionale Krugerpark se Oostekant en oor die algemeen is daar geen heinings tussen die reservate en die Kruger nie. Dit is belangrik om u verblyf in hierde kampe vroegtydig te bespreek. Die verblyf kan baie duur wees, maar in die meeste gevalle is dit uiters luuks. Hierdie is die gastehuise wat u moet besoek as u graag skouers wil skuur met Hollywood-sterre.

By Blyderivier en Swadini is daar Aventura-oorde - hierdie is groot en gerieflike oorde wat baie verskillende aktiwiteite het. Daar is gerieflike verblyf en 'n restaurant met kroeg-geriewe. Al die Aventura-oorde het varswater-swembaddens.

Saam met die kranse van die Platorand wat afsak na Mopani, is daar meer as 500 voëlspesies  - meer as die helfte van Suid-Afrika se voëlspesies. In die hoedspruit omgewing alleen is daar baie van die skaarste en mooiste voëls. Suikerbekkies in oorvloed kan gesien word as hulle feesvier in die Koraalboom se bloeisels in die vroeë lente. Hier is ook die skaars Knysna- en Bloukuifloerie. Mopani is werklik 'n voëlkyker se paradys.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 14 van 14 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Kruger National Park & Mopani Verblyf en Inligting. Kruger National Park & Mopani, Limpopo.
WTS App Browser