Bly Plekke Logo

Gauteng Verblyf. Hanteer Direk, Betaal Minder

Red hot pokers  © flowcomm, License
Kies 'n Dorp

Gauteng Verblyf. Hanteer Direk, Betaal Minder

Gauteng is sonder twyfel die hart van Suid-Afrika se industriële, kommersiële en finansïele instellings, wat vir ongeveer 40% van die land se welvaart verantwoordelik is. Alhoewel die kleinste van die 9 provinsies, is Gauteng die setel van die regering en administrasie. Dit bevat meer as 100 ambassades en hoë amptenary. Alhoewel die groei en ontwikkeling hoofsaaklik toegeskryf kan word aan die ontdekking van goud (meer as 'n eeu gelede), het die groot verskeidenheid van ander grondstowwe en energiebronne beslis hul bydrae gelewer tot die sukses van die volgehoue groei en ontwikkeling.

Met slegs 1.5% van die grond, is Gauteng die digsbevolke provinsie in Suid-Afrika. Dit verteenwoordig elke nasionaliteit, elkeen met sy eie etniese en kulurele identiteit wat van Gauteng 'n kaleidoskoop van moderne Afrika maak.

Hierdie dinamiese provinsie bied 'n groot verskeidenheid van kulturele en ontspannings-aktiwiteite - meer as 60 museums van Suid-Afrikaanse kuns-, humanitêre- en militêre geskiedenis, as ook van die goud-industrie. Vir 'n ervaring van die wildlewe, besoek die Johannesburg en Pretoria se dieretuine of wildreservate, wat binne 'n paar uur se ry vanaf Gauteng se hoofstede is. Daar is ook uitstekende botaniese tuine en voëlreservate wat besoekers kan geniet.

Ondersteuners, sowel as spelers sal die baie sportgeriewe wat beskikbaar is, geniet. Sportsoorte sluit in: Gholf, seilvaarte, hengel, motorsport en warm lugballon-ritte, om maar 'n paar te noem.

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Gauteng Verblyf en Inligting.
WTS App Browser