Die huis is geleë op die plaas Brakfontein, tussen Aliwal-Noord en Lady Grey. Ons is 45 km vanaf Aliwal-Noord en 22 km vanaf Lady Grey. Die plaas is net 5km grondpad weg van die R58 (Hoofweg tussen Aliwal-Noord en Lady Grey), 2 x 4 of 4 x 4 voertuie kan maklik ons plaas bereik.

Die huis is beskikbaar as 'n eenheid. Dit is 'n ruim huis. Die huis het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n bababed en daar is meer as genoeg ruimte om ook klein kindertjies te akkommodeer op 'n matras. Hierdie kamer het ook 'n kas vir persoonlike items en 'n spieëltafel met 'n spieël.  

Die 2de kamer het 2 enkel beddens met 'n kas vir persoonlike items.

Die 3de kamer het 2 enkel beddens met 'n kas vir persoonlike items. Dit het ook 'n pragtige uitsig oor die berge van Lady Grey en kyk uit oor 'n paar van die kampe waar die skape wei.

Alle slaapkamers word van linne asook handdoeke voorsien, bring eie swem handdoeke.

Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n mikrogolf, stoof, ketel, broodrooster, en  yskas (met 'n klein vrieskas ruimte). ‘n Eetkamer tafel met 6 stoele is in die kombuis. Alle breekware wat verskaf word is vir 8 persone, glase, bekers, potte, panne, en eetgerei vir die gebruik by die braai-area.

Die sitkamer is ook ruim, met geen televisie of Wi Fi verbinding nie. MTN, Cell C en Vodacom seine is beskikbaar. 'n Paar tydskrifte is in die huis, asook bord speletjies. Daar is ook een of 2 legkaarte om jou besig te hou. Bring jou eie “laptop” of tablet om via jou eie “routers” die internet te gebruik. Besoekers kan ontspan en lees, bord speletjies of kaart speel vir 'n heerlike wegbreek uit die stad. ‘n Patio (stoep) kyk ook uit oor die res van die plaas en jy kan die vrede en rustigheid en die geluide van voëls soos visarende, mahems en baie tarentale geniet. U is welkom om die daaglikse plaas aktiwiteite soos skape en suiwel  produkte te ervaar. As jy gelukkig is, of as jy hier is op die regte tyd van die jaar, kan jy sien hoe skape geskeer word, of hanslammers gevoer word. U is ook welkom saam met ons in die melkstal. Die koeie word twee maal per dag gemelk. Skop jou skoene uit en ontspan. Die onderdak braai is net buite die agterdeur van die huis. Bring jou eie hout of houtskool. Daar is ook onderdak parkering op die perseel vir 2 voertuie. Die huis het Eskom krag en kerse word gebruik gedurende beurt krag. Elke kamer beskik oor elektriese komberse, winter linne en elektriese paneel verwarmers in elk van die kamers vir die winter seisoen. Daar is ook 'n kaggel in die sitkamer.

Daar is baie ruimte op die plaas om te gaan vir 'n vroeë oggend wandeling voor sonop of laat middag of selfs 'n draf op die hoof grondpad vir die afstand van jou keuse. Fietse is ook welkom. Gaste kan op hul fietse op die plaas ry, of op die hoof grondpad of selfs die 20 km na Lady Grey en terug.

'n Swembad is sowat 120 m weg van die huis, in die tuin van die hoof huis waar die eienaar bly. Gaste kan hierdie swembad gebruik. Tref net eers reëlings met die eienaars om seker te maak dat die swembad beskikbaar is. Geen kinders word toegelaat sonder volwasse toesig nie, en gaste gebruik die swembad op eie verantwoordelikheid. Daar is 'n paar damme op die plaas waar jy kan visvang. Bring jou eie visgerei. Bring jou eie kano of paddle ski om te gebruik op een van die damme.

Oppi-Plaas is slegs 20 km weg van Lady Grey. Gaste moet gerus hierdie skilderagtige dorp verken. Die roete oor die Joubert Pass, wat in Lady Grey begin, is 'n moet. Daar is baie piekniek plekke op hierdie roete en jy kan besluit waar en wanneer jy jou kombers wil oopgooi, en 'n middagete of piekniek wil geniet. Die jaarlikse gebeure op Lady Grey is : Paasfees (Passiespele), Lady Grey Royal MacNab in Julie, Lady Grey Landbou skou (Julie), Lammergeyer Mountain Race (September), Sky Run (November).

Ons is ook op pad na Barkly-Oos en Rhodes en die bekende Tiffindell Ski oord in Rhodes.

Ons naaste lughawe is in Bloemfontein (250 km). Ons bied nie enige lughawe oordrag of georganiseerde uitstappies aan nie. Perdry lesse kan gereël word op een van die nabygeleë plase. 'n Ten volle uiteengesitte katalogus, van alle aktiwiteite, is beskikbaar in die huis. Ons, David en Estha Marais, die eienaars van die plaas wil u verblyf op Oppi-Plaas, aangenaam en huislik maak.

Daar is 2 restaurante, sowel as 'n slaghuis, Pep Stores, Dokter, Eerste nasionale Bank, Standard Bank, Polisie stasie, hospitaal en Foodzone kruideniers winkel in Lady Grey.

Fasiliteite
  • braai
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • meer (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • wi-fi / hotspot